Brakpan: Drie vermoor in een week

Brakpan: Drie vermoor in een week

Drie mense is verlede week in onderskeie gevalle aan die Oos-Rand van Gauteng vermoor. 

Crime scene
iStock

Maroela Media berig dat daar drie voorvalle van moord in die week van die 19de September 2022 in Brakpan plaasgevind het. 

Twee van die slagoffers is in hulle huise aangetref en 'n derde slagoffer is dood in sy kar gevind na hy in 'n beweerde rooftog doodgeskiet is. 

LEES: Bekende musikant gediagnoseer met breinkanker

Kenneth Appelcryn 

Appelcryn, 55, was 'n bekende inwoner van die Brakpan-gemeenskap, asook die eienaar van 'n veiligheismaatskappy, AAS.

Die sake-eienaar ook geken as Ken, is in sy motor dood gevind nadat hy 'n rooftog by 'n drankwinkel in Maryvlei probeer stop het. 

Hy is tydens die voorval doodgeskiet. Een van die verdagtes is in 'n veld vasgekeur nadat hy verskeie skietwonde aan sy lyf opgedoen het. 

Die verdagte sal in die hof verskyn sodra sy toestand verbeter het. 

EXCLUSIVE: Riky Rick's mom gets emotional over tragic death of her son

Jackie van Aswegen

Woendag 21 September kort voor Kenneth Appelcryn se moord, is Jackie van Aswegen in haar huis aangeval. 

Van Aswegen, was vermoedelik nog aan die slaap toe haar aanvaller haar keel oopgesny het in haar bed. 

'n Huisinbraak by die slagoffer se woning is later aan polisie gerapporteer en dit is toe waar hulle haar lyk ontdek het. Sy is dadelik na die hospitaal geneem, maar is volgende dag dood verklaar. 

Van Aswegen se seun is twee dae na haar afsterwe in hegtenis geneem op die moord van sy ma, nadat hy skuld beken het. 

André van Aswegen, 28, en sy medepligtige Bonginkosi Victor Myeni, ook 28, het Maandag in die landdroshof verskyn. 

LEES: Woman killed in Plettenberg Bay shark attack

Thomas Hale Nicholl

Na die moorde op Applercryn en Van Aswegen is polisie weereens ontbied na 'n beweerde huisroof waar 'n derde slagoffer se lyk gevind is. 

Thomas Hale Nicholl, 55, se verneemde vrou het huilend buite die erf in haar kar gesit en beweer dat haar man binne die huis vermoor is. 

Polisie het Nicholl se lyk binne die huis gevind met verskeie wonde oor sy lyf en bedek met 'n lap. Die slagoffer se bakkie, stukke tuingereedskap, 'n selfoon en meer was ook vermis. 

Nog niemand is in verband met Nicholl se dood in hegtenis geneem nie. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories