Bekende musikant gediagnoseer met breinkanker

Bekende musikant gediagnoseer met breinkanker

Dié bekende musikant en kletsrymer het Dinsdag op Instagram aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Jan Bloukaas
Facebook/ Screenshot

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het Dinsdag, 27 September emosioneel geraak op 'n Instagram-video waar hy bevestig het dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Tydens die video het Du Plessis sy beste probeer om nie emosioneel te raak nie. Daar is selfs 'n oomblik waar hy stil raak, "Skies, gee my net so ein sekond," soos wat hy die trane probeer terug hou. 

KYK: Hoërskool Rustenburg koor laat hare rys met nuwe musiekvideo

Later in die video laat die 'Kaas Elke Dag'-sanger wel die trane vloei, soos wat hy al sy aanhangers en almal wat hom ondersteun bedank. 

Du Plessis sê ook tydens die video, "Ek is nie bang vir hierdie gewas nie. Hy groei in my brein en ek weet God staan soos 'n reus agter my. So ouens, hoe ook al hierdie geveg eindig, hy's reeds gewonne." 

Die gewas groei tans op Du Plessis se breinstam, wat beteken dat dit nie met chirurgie verwyder kan word nie. Hy het wel bevestig dat daar die moontlikheid is om dit the behandel met bestraling. 

KYK: Rolanda Marais spog met nuwe pienkvoet

Ander bekendes soos Francois van Coke, Karlien van Jaarsveld, Demi Lee Moore en vele meer het hulle liefde en goeie wense met die musikant gedeel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories