Die Piesangskille se 'Inge 2' behaal Platinum-status

Die Piesangskille se 'Inge 2' behaal Platinum-status

Dié random band van Potch het Vrydag op Breakfast with Martin Bester gekuier waar Martin Bester hulle verras het met hulle 'n toekenning na hulle treffer 'Inge 2' Platinum-status bereik het.

DIE PIESANGSKILLE OFF
Jacaranda FM

Ontmoet Die Piesangskille, 'n random band van Potch.

Die groep het bekendheid verwerf na hulle treffer 'Inge 2' groot sukses in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf behaal het. 

KYK: Philicity Reeken deel unieke waterblommetjie-resep

Vrydag het die duo hulle debuut op Friday Live gemaak waar hulle hul treffer 'Inge 2' opgetree het. 

Kyk hier:

Martin Bester het ook vir Daniël Marais en Johan Balt verras toe hy die goeie nuus gedeel het dat 'Inge 2' Platinum-status bereik het en hulle ander treffer 'Lyntjie' Goue-status bereik het. 

Die Piesangskille is een van die mees belowende jong opkomende groepe in ons land. Die groep bestaan uit Daniël Francios Marais en Johan Balt wat mekaar in Potchefstroom ontmoet het en waar hulle tans studeer. 

Vir Die Piesangskille is dit moeilik om die genre van hulle musiek te beskryf en spot deur om te sê dit is Die Piesangskille genre.  

Die inspirasie agter hulle debuutalbum 'Almal Gly' het alles begin deur Daniël se hart wat gebreek was na 'n langtermyn verhouding.

 Die album bestaan uit 11 oorspronklike liedjies uit die pen van die twee talentvolle manne, met mede-skrywers Roux Cloete en Johan Viljoen op van die liedjies. 

KYK: First Friday Live performance with new Prime Circle singer

Hulle album 'Almal Gly' was 'n reuse sukses met hulle Platinum Treffer 'Inge 2' wat nou nog in Apple Music se Top 10 is. 

Hulle eerste twee liedjies 'Haar Naam Was Somer' en 'Diepseeduiker17,' vanaf hulle opkomende album 'Die Ontdekking,' is reeds beskikbaar op alle digitale platforms. 

Hulle nuwe enkelsnit 'Converse' is oor 'n paar weke beskikbaar.

Die Piesangskille se Motto is: 

'Moenie jouself te ernstig opvat nie en vergeet van wat mense van jou dink'.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories