KYK: Philicity Reeken deel unieke waterblommetjie-resep

KYK: Philicity Reeken deel unieke waterblommetjie-resep

Philicity Reeken het onlangs haar besonderse kookvernuf met die Maroela Media-span gedeel op die kookprogram 'Proe gou hier!'

PHILICITY COOKING
YouTube/ Skermgreep

As daar een ding is waarvoor die aktrise en omroeper Philicity Reeken veral bekend is is dit haar liefde vir kos en haar besonderse kookvernuf.

LEES: Bekende 'Housewives'-ster duik by 'Diepe Waters' in

Die Breakfast with Martin Bester verkeeraanbieder het onlangs op Maroela Media se kookppgram 'Proe gou hier' gekuier om haar unieke waterblommetjie-tempura-dis te maak en om te gesels oor haar veelsydige loopbaan.

'Proe gou hier!' is 'n informele kookprogram waar Afrikaanse bekendes, legendes en invloedrykes ʼn resep wat hulle na aan die hart lê, kom maak.

Kyk hier:

Philicity Reeken se waterblommetjie-tempura-dis

Bestanddele:

Vir die aïoli (knoffel-mayonnaise)

  • 2 eiergele
  • 30 ml suurlemoensap
  • 10 ml dijonmosterd
  • 1 knoffelhuisie
  • knippie sout en swartpeper
  • 125 ml kanola-olie

Vir die doopsous

  • 45 ml sojasous
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 15 g vars gemmer, fyn gerasper
  • 2,5 ml sesamolie
  • 1-2 sprietuie, fyn gesny

Vir die waterblommetjie-tempura

  • 500 g vars waterblommetjies
  • 70 g koekmeel
  • 60 g mielieblom
  • knippie sout en swartpeper
  • 180 ml sodawater

KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

Metode:

1. Vir die aïoli, meng die eiergele, suurlemoensap, mosterd en knoffel in ʼn klein menger met ʼn oop tuit (of 'n lang koppie met 'n stokmenger) en geur met sout en peper. Voeg die olie by terwyl jy aanhoudend meng totdat ʼn dik mayonnaise-tekstuur verkry is. Hou eenkant.

2. Vir die soja-doopsous, klits al die bestanddele saam in'ʼn klein mengbak en hou eenkant.

3. Spoel die waterblommetjies goed af en bring dan ʼn medium pot water tot prut.

4. Voeg die waterblommetjies by en bedek met'ʼn deksel. Laat hulle stoom vir 10 minute.

5. Verwyder die waterblommetjies uit die pot en dreineer die oortollige water. Sit eenkant om effens af te koel.

6. Meng die koekmeel en mielieblom in ʼn mengbak, geur met sout en peper en voeg die sodawater by. Meng met ʼn vurk of klitser.

7. Verhit olie in ʼn wye pot op 180 °C. Doop elke waterblommetjie in die beslag om alle kante te bedek en plaas dan versigtig in die olie. Braai in sarsies aan albei kante totdat die waterblommetjies goudbruin is.

8. Verwyder die waterblommetjies en verwyder enige oortollige olie met kombuispapier.

9. Bedien warm met die aÏoli en die soja-doopsous aan die kant.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: YouTube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories