EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis deel meer oor Len Cloete skietinsident
Updated | By Etienne Bruwer
Byna 'n jaar na Len Cloete by 'n gastehuis in Muldersdrift geskiet is, deel sy vrou Chantal Cloete en Mike Bolhuis meer oor die insident en die huidige ondersoek.

Bykans 'n jaar terug het 'n video van 'n Pretoria-man wat na bewering deur 'n polisiebeampte geskiet is reg oor die internet versprei.
Len Cloete was in 'n koma nadat die polisiebeampte hom by 'n gastehuis in Muldersdrift in die kop geskiet het.
LEES: Toks van der Linde groet gewilde 'Toks & Tjops'-program
Alhoewel Cloete nou, 'n jaar later, uit die koma uit is; sloer die ondersoek steeds as gevolg van sy onvermoë om te kan praat.
Volgens spesialis ondersoeker Mike Bolhuis, is die ondersoek rakend die insident reeds voltooi, maar op die oomblik kan die "waarheid eers bekend gemaak wanneer Len sy kant van die storie kan gee".
Die video van die insident wys hoe die Pretoriase-man, in net sy onderklere, in 'n woordewisseling met polisiebeamptes tree voor hy na bewering een van die beamptes se pistool gegryp het.
KYK: Hier is jou 'Die Kontrak 2' wenner!
Die grusame beeldmateriaal wys verder hoe Cloete die polisiebeampte se pistool rond swaai en skree, "skiet my, skiet my" waarna 'n ander polisiebeampte sy pistool op Cloete rig en hom in die kop skiet.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Here's what you missed on The Drive with Rob & Roz this week
Name That Shark, top 100 films of the 21st century, Chef Jenny Morris, '...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 3 hours ago -
Here's what you missed on Breakfast With Martin Bester this week
Shekhinah, Kurt Darren, Jameson Stocks, vaping in schools, and more.
Breakfast with Martin Bester 2 days, 4 hours ago