KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss

KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss

Elon Musk se ma, Maye Musk het in ‘n onlangse video, met voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss, gesê dis “wonderlik” om Afrikaans te praat. 

Maye Musk Rolene Strauss
Instagram/ Screenshot

Maak nie saak hoe beroemd sekere sterre word nie, Afrikaans sal altyd deel bly van hulle erfenis en daaglikse lewe.

Dit tel ook vir Elon Musk se ma, Maye Musk en voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss.

KYK: Nicholis Louw ontmoet grootste aanhanger op Friday Live

In ‘n video-plasing op Instagram het Musk bevestig dat sy nog vlot Afrikaans kan praat.

Die voormalige Mej. Wêreld het ‘n video gedeel waar sy ‘n lys gee van die dinge wat sy en Maye in gemeen het. 

“Ons is albei van Kovsies, Suid Afrika en die ander ding, wat baie min mense dalk mag weet is dat jy eintlik Afrikaans kan praat,” het Strauss gesê 

“Ek kan Afrikaans praat,” het Musk Bevestig.

KYK: Afrikaanse tannie gee beweerde koperdief pakslae

Ten einde die video sê die model en dieetkundige ook dat dit “wonderlik” is om Afrikaans te kan praat.

Die plasing kom slegs dae na Musk, nou bekend as Dr Musk, haar doktorsgraad in dieetkunde by die Univeristeit van die Vrystaat verwerf het. 

Musk het ‘n video van haar gradeplegtigheid gedeel:

 “I am now, Dr. Maye Musk PhD. Thank you @ufsuv for honoring me with the Doctor of Dietetics. After dedicating my adult life to nutrition research and the promotion of dietitians, this is the best recognition ever! This ceremony brought me to tears. It was not my plan, but it is the peak of my achievements. #AWomanmakesAPlan Next week #ItsGreatToBe75,” het sy geskryf.

Die 75-jarige is in Regina, Kanada gebore, maar het sedert sy drie jaar oud was in Suid-Afrika gewoon.

Volgens Biography, het sy weer in haar veertigs teruggekeer Kanada toe.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories