KYK: Afrikaanse tannie gee beweerde koperdief pakslae

KYK: Afrikaanse tannie gee beweerde koperdief pakslae

As jy dink jy het genoeg gehad van misdadigers, het jy nog nie hierdie tannie gesien nie.

Koperdief
Facebook/ Screenshot

Ons almal ken die gesegde 'om 'n pakslae in lettergrepe te kry' en dit is presies wat ‘n vrou in Suid-Afrika gedoen het na 'n beweerde koperdief vasgetrek is.

'n Video wat tans die rondtes maak op sosiale media wys hoe die vrou 'n man wat vasgebind is met 'n lang voorwerp pakslae gee.

WATCH: Thabo Bester and Dr Nandipha are back in SA

Die onbekende vrou is duidelik woedend tydens die video, aangesien sy die man 42 keer geslaan het. 

"Julle steel mos die koperpype né. Ek sal jou moer. Ek sal jou moer, want julle wil nie hoor nie. Ons is ou mense." 

Volgens die plasings op sosiale media was die man vasgetrek nadat hy koperpype gesteel het.

Waarskuwing: Die video mag dalk onstellend wees vir sommige kykers.

Daar is tans geen verdere inligting oor die voorval wat volgens berigte in Gqeberha plaasgevind het nie. 

LUISTER: "Ek het al die gate toegemaak wat ek kon" - Die slang storie vlieg verder

Meeste sosiale media gebruikers het die vrou verdedig vir haar dade: 

"Dis reg moer hom tannie hulle wil mos steel dis wat hulle kort kom a moerse pakslae," het een Facebook-gebruiker gekryf.

"Lekker jungle justice. Love it. Gee Hom Tannie." 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories