Friday Live: Rita Li sing bekende Pink liedjie

Friday Live: Rita Li sing bekende Pink liedjie

Vrydag op Breakfast with Martin Bester het die sangeres Rita Li, ons luisteraars laat saam kuier met haar weergawe van 'n bekende 'Pink' liedjie. Kyk die optrede hier!

Rita Li and Martin Bester
Jacaranda FM

Rita Li is ’n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en  fisioterapeut van Clocolan in die Vrystaat wat tans in Pretoria woon. 

Op Vrydag, 9 September se Friday Live op Breakfast with Martin Bester het Li haar weergawe van Pink se 'Walk Me Home' opgetree. 

Martin Bester en die span het 'n rondte 'Never Have I Ever' gespeel om Rita Li beter te leer ken.

Friday Live: Die Droomsindroom is aansteeklik

Li sal ook te sien word by vanjaar se Glimlagfees wees op 1 Oktober 2022 by Benoni Northern Sports Club. 

Ander kunsternaars soos Francois van Coke, Matthew Mole, Die Heuwels Fantasties, Bernice West, Riaan Benade en Martin Bester sluit ook aan by die Glimlagfees. 

Rita Li het ook onlangs haar nuutste enkelsnit, 'Harland' vrygestel.

'Hartland', gaan oor die plek waar sy veilig voel en met dié nuwe liedjie hoop sy elkeen sal ook hul eie spesiale hartland koester.

Friday Live: Lee Cole treats listeners with powerful performance

“Dis ’n plek waar ek geborge voel. Waar dit nie saak maak hoe ek lyk nie en ek sommer met my kamerjas en pantoffels gemaklik kan wees - saam met diegene vir wie ek die liefste is,” het sy vertel.

Vir haar is haar hartland die plaas waar sy grootgeword het op Clocolan en waar haar ouers steeds bly.

Hartland is gepen deur deur Richann Brüssow, van die sangduo Reën wat weer op hul beurt bekendheid verwerf het as die gewilde Boer soek ‘n Vrou-paartjie en treffer Vrystaat Vlaktes.

“My hartland is op die plaas waar ek bly - hier waar ek grootgeword het, vandag op boer en wat my inspireer om liedjies te skryf,” het hy vertel.

Friday Live: Loufi, flippen, Loufi sing 'Baas Van Die Plaas'

“’n Hartland verwys ook nie nét na ’n plek nie, maar soos my man Paul sê, dáár waar jou mense is. As jy die mense uithaal uit die omgewing haal jy ook die hart uit,” het Rita Li vertel.

“Ek hoop dat mense na die liedjie sal luister en sommer ook beelde van hul spesiale hartland- oomblikke sal sien,” het sy vertel. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories