Friday Live: SA se geliefde Nádine sing haar weergawe van 'Alone' deur Heart

Friday Live: SA se geliefde Nádine sing haar weergawe van 'Alone' deur Heart

Die Suid-Afrikaanse sanger, Nádine, het Vrydag die saam die Breakfast with Martin Bester span gekuier vir Friday Live. 

Nádine
Supplied

Die 'Kaapse Draai' sanger het Vrydag op Breakfast with Martin Bester gekuier om haar weergawe van Heart se 'Alone' op 'Friday Live' te sing. 

Nádine het ook vir die weeklikse 'Sing Ding', F.R. David se treffer 'Words' in 'n Jazz styl gesing. 

Friday Live: Jemma Catherine stuns with 'Black Velvet'

Die sanger se nuutste enkelsnit, 'Liefde Sonder ’n Maar' het onlangs op Jacaranda begin speel en is tans die nommer een op die SA Music Countdown met Thabiso Khambule. 

“Liefde Sonder ’n Maar gaan daaroor dat mense liefde wil hê, sonder voorbehoud en sonder verskonings. Ons wil ook kan onvoorwaardelik kan liefhê en kan deel in die goeie en slegte tye” sê Nadine

Sy is ook te sien by die Wegbreekfees wat plaas vind by Mbombela Stadium in Nelspruit aan die einde van April. 

Friday Live: Droomsindroom sing 'Toe Vind Ek Jou'

Ander kunstenaars soos Demi Lee Moore, Die Heuwels Fantasties, Jay, Refentse, Brenda Peyper en 13 ander bekende Afrikaanse kunstenaars sal die verhoog saam met haar deel.  

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories