KYK: "Hoeveel tyd is daar nog oor?" - Jan Bloukaas deel skoknuus
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Sanger en musiekvervaardiger Jan Bloukaas het onlangs hartseer nuus oor sy kankerbehandeling gedeel.
Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het in September 2022 op 'n Instagram-video aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is.
Vanaf sy eerste plasing deel die 'Kaas Elke Dag'-sanger sy ervaring met kankerhandeling met sy aanghangers.
Ten spyte daarvan dat die sanger in 2023 aangekoding het dat sy kanker gerkimp het, het 2024 nuwe struikelblokke op sy pad gelaat.
EKSKLUSIEF: Nuwe Afrikaanse 'SpongeBob SquarePants' temalied
Die kletsrymer het in 'n nuwe video op Facebook bevestig dat hy weer onlags vir 'n skandering vir sy breinkanker gegaan het.
Hy het die nuus gedeel dat selfs na gereelde chemoterapiebehandeling is die kanker in sy breinstam nogsteeds besig om te groei.
Alhoewel hy hierdie jaar wou "groot gaan met liedjies skryf en toer" sal hy dit ongelukkig nie meer kan doen nie.
"Ek het vir die dokter reguit gevra: 'hoor hier man, hoveel tyd is daar nog oor?'," het Du Plessis gesê.
"Die dokter het gesê dat omdat my kanker op so verskriklike moeilike plek sit, dit sit mos in die middle van my breinstam, is dit regtig moeilik om te sê wat gaan gebeur."
LEES: "Ek was dood": Sanger deel gesondheidstryd op sosiale media
Ten spyte van die terugslag bly hy steeds positief en sê hy dat hy "glo nogsteeds in wonderwerke."
Die sanger gaan nogsteeds aan musiek probeer werk om moontlik 'n "totsiens-albumpie" vry te stel.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Jan Bloukaas
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
PSA for couples holding hands during festive shopping
It's that time of the year when shoppers are happy to visit the overcrow...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Lighthearted humour at the traffic light
It's always a plus to experience some traffic light humour, so why not p...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago