Bekende musikant Jan Bloukaas deel goeie nuus oor kankerdiagnose

Bekende musikant Jan Bloukaas deel goeie nuus oor kankerdiagnose

Dié bekende musikant en kletsrymer het in 2022 op Instagram aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Jan Bloukaas
Instagram/ Screenshot

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het in September 2022 op 'n Instagram-video aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

In 'n nuwe plasing op sosiale media, het die sanger goeie nuus gedeel, waar hy bevestig dat sy kanker gekrimp het. 

Die 'Kaas Elke Dag'- sanger het 'n foto op sosiale media geplaas waarin hy gesê het, "Die Here is sterk! Sterkste. Dankie. My kanker het gekrimp."

Friday Live: SA se geliefde Nádine sing haar weergawe van 'Alone' deur Heart

In 'n nuwe video wat hy op Instagram gedeel het, sê die sanger dat die gewas helfte die grootte is as wat dit was.

Ander bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Early B, Tasché Burger en Janie Bay het ook die goeie nuus op sosiale media gevier. 

Tydens sy 2022 video het Du Plessis sy beste probeer om nie emosioneel te raak nie. Daar is selfs 'n oomblik waar hy stil raak, "Skies, gee my net so ein sekond," soos wat hy die trane probeer terug hou.  

Later in die video laat die sanger wel die trane vloei, soos wat hy al sy aanhangers en almal wat hom ondersteun bedank. 

MÓÉT-KYK: Hollywood-ster Katy Perry praat Afrikaans

Du Plessis het ook tydens die video gesê, "Ek is nie bang vir hierdie gewas nie. Hy groei in my brein en ek weet God staan soos 'n reus agter my. So ouens, hoe ook al hierdie geveg eindig, hy's reeds gewonne." 

Die gewas groei tans op Du Plessis se breinstam, wat beteken dat dit nie met chirurgie verwyder kan word nie. Hy het wel bevestig dat daar die moontlikheid is om dit the behandel met bestraling. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories