Juan Boucher en Shamodene verwag eersteling

Juan Boucher en Shamodene verwag eersteling

Na twaalf suksesvolle jare in die Suid -Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, het Juan Boucher beslis geen bekendstelling nodig nie. 

Juan Boucher en Shamodene Breakfast with Martin Bester
Foto: Instagram/Juan Boucher (Fotograaf: kreativ_photography_design)

Die man met die rasperige stem het deur die jare diep in die harte van sy aanhangers gekruip. 

Juan het gedurende sy loopbaan agt goue en platinumverkopende studio-albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings verdien. Die sanger het 'n splinternuwe liedjie, "Ek mis maar net jou hart" en het op 16 April 2021 saam met Breakfast with Martin Bester gekuier.

READ: Elvis Blue sing Johnny Clegg treffer en gesels oor splinternuwe album

Juan het onlangs getrou met die liefde van sy lewe, Shamodene, wat hy op 17 Januarie 2020 ontmoet het. Martin Bester het 'n spesiale vasvra vir die pasgetroudes beplan. Luister daarna hier.

Nou, ‘n paar maande later verwag Juan en Shamodene hulle eersteling.

READ: Juan Boucher covers Johnny Cash classic on Friday Live

Shamodene het die gelukkige nuus op Instagram gedeel en gesê, ‘So geseënd. Baba Boucher kom 11 Feb 2022. Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie! Ons lief jou klaar so baie! 💕💕💕”

Luister na 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae 06:00 - 09:00. Stroom die program regstreeks hier of kry ons mobiele app hier.

Foto: Instagram/Juan Boucher (Fotograaf: kreativ_photography_design)

Show's Stories