Kim Kardashian "huil" oor uitdagings van enkelma wees
Updated | By Etienne Bruwer
Maak nie saak wie jy is nie, om 'n enkelouer te wees is nie maklik nie.

Realiteitster Kim Kardashian het in 'n onlangse onderhoud emosioneel geraak oor die uitdagings om 'n enkelouer te wees.
KYK: 'Boer Soek ‘n Vrou' se Willem en Sanel deel geslag van baba
"Daar is aande wat ek myself aan die slaap huil," het sy in 'n onderhoud, op die 'On Purpose with Jay Shetty' podcast gesê.
Kardashian, 42, het bygevoeg dat dit baie moeilik en emosioneel raak om na vier kinders onder 10 om te sien.
"Jy weet, met al die buie en persoonlikhede [is dit moeilik] en soms baklei hulle en daar is niemand anders daar nie."
Sy het ook aan Britse skrywer Jay Shetty, gesê dat sy daaraan werk om 'n bietjie strenger te wees.
KYK: Dis nou wat mens 'n SEEkoei noem
Behalwe vir die slegte aande glo die 'Kardashians'-ster wel dat ma-wees die ding is wat haar die meeste van haarself geleer het.
Meer hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Prince Harry resigns from southern Africa charity
Prince Harry has quit as patron of a charity he founded in southern Afri...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
WATCH: What's behind the rise of mom club nights'?
In a chic Paris nightclub not far from the Champs-Elysees, dozens of mos...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago