KYK: Brendan Peyper deel "groot droom" op sosiale media

KYK: Brendan Peyper deel "groot droom" op sosiale media

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger, Brendan Peyper, het 'n video op sosiale media gedeel, waar hy sy aanhangers se hulp vra om een van sy grootste drome waar te maak.

Brendan in studio 1
Source: Supplied

Brendan Peyper, die bekende Suid-Afrikaanse sanger, het op 16 Maart 'n video gedeel, waar hy sy droom om met die Amerikaanse Country-sanger, Kip Moore, 'n duet te doen gedeel het.   

Die 'Insomnia'- sanger het sy aanhangers gevra om die video te deel in die hoop om die country-sanger se aandag te kry.

Friday Live: 'Tennessee Whiskey' met ADAM en Martin Bester

Peyper het vertel dat dit ‘n "bucket list"-oomblik sal wees.

Hy het ook sy weergawe van Moore se 'Tennessee Boy' op die video gesing. 

"Ek sal baie graag hierdie liedjie saam hom [Kip Moore] wil doen en sy aandag kry met hierdie video."

LUISTER: Pretoria-vrou veg met slang om hond te red

"Ek sou ge-like het as hy my op die verhoog kan roep op die dag," het Peyper aan Martin Bester gesê.

Die sanger tree Sondag 26 Maart in Suid-Afrika op.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories