Friday Live: 'Tennessee Whiskey' met ADAM en Martin Bester

Friday Live: 'Tennessee Whiskey' met ADAM en Martin Bester

Op Vrydag se Friday Live het ADAM saam die Breakfast with Martin Bester-span gekuier om hulle weergawe van Chris Stapleton se 'Tennessee Whiskey' te sing.

ADAM
Supplied

Suid-Afrikaans musiekgroep ADAM het die Breakfast with Martin Bester-span en hulle luisteraars behoorlik vermaak met hulle weergawe van Chris Stapleton se 'Tennessee Whiskey' op Friday Live. 

ADAM het ook tydens Friday Live se nuwe insetsel, 'Die Sing Ding', ‘Say What You Want’ in ’n Reggae styl gesing. 

Luister hulle nuutste enkelsnit 'HUURVRY' hier:

Soms ontmoet jy daardie een persoon in jou lewe wat jy net nie uit jou kop kan kry nie. Wat jy ook al probeer doen om jou aandag af te lei, is tevergeefs. Hierdie persoon neem jou gedagtes sonder toestemming oor. Dis asof hulle daar bly sonder om huur te betaal, as’t ware leef hulle kosteloos, 'HUURVRY'.

Friday Live: David Fourie slaan asems weg met Chris Isaak se 'Wicked Game'

Die manne van ADAM is terug in die kollig en dié keer gaan jy saamsing. Hul nuutste enkelsnit, HUURVRY, stuur die groep se klank in ’n totaal nuwe rigting wat dié groep se musikale vernuf beklemtoon.

“'HUURVRY' gaan oor daardie persoon wat die volle omvang van jou gedagtes opneem. Hy/sy neem jou, soms sonder opset, op ’n emosionele pretrit,” verduidelik Christoff de Beer, skrywer van die lied. 

Die vervaardiging is deur die gesoute span van MUSE Studios, Hugo Ludik en Brendan Campbell, behartig. Met HUURVRY probeer die groep ’n nuwe klankvariasie tot hul bestaande repertoire voeg.  Die lied se dreunsangaard sal luisteraars wat soortgelyke emosies ervaar, aanpor om saam te sing.

Die publiek het reeds in 2010 met ADAM kennis gemaak. Sewe albums en vier enkelsnitte later het die groep al talle treffers tot die Afrikaanse musiekgenre gevoeg. Van hul grootste treffers is: 'SAL OORLOG VIR JOU MAAK', 'HOOGTEVREES' en 'LIEFDE SOLDAAT'.

Friday Live: Droomsindroom sing 'Toe Vind Ek Jou'

Die groep bestaan uit drie lede, Kyle Grant, Christoff de Beer en Hugo Ludik. Hulle het reeds op verskeie geleenthede duisende mense regoor Suid-Afrika met hul indrukwekkende, drieledige harmonië vermaak. Saam spog die groep met nege Ghoema’s en ’n SAMA-toekenning vir “Beste pop-album in Afrikaans”.

“Oorspronklik” is die beste woord waarmee ADAM se musiek opgesom kan word. Elke lied en album wat deur die groep uitgereik word, is vars, relevant en blywend. Min kunstenaars kry dit reg om staande te bly soos ADAM. HUURVRY is weereens ’n bewys dat hierdie drie manne deur en deur musikante is. Eg aan hulle aanpasbare aard, wyk hierdie lied nie van hul norm af nie.  

HUURVRY sal die groep se tweede enkelsnit in samewerking met VONK musiek wees. Die eerste was die treffer ROOI LIPPE wat geskitter het op talle radiostasies en stromingsplatforms se trefferparades en speellyste.

Friday Live: SA se geliefde Nádine sing haar weergawe van 'Alone' deur Heart

Die lede verduidelik dat die arbeider sy loon werd moet wee. Daarom spandeer hulle vier ure of meer per dag om hul musiek te bemeester. “Soos met enige bedryf is dit die een wat die hardste werk wat die wa deur die drif trek,” verduidelik hulle.

Of jy al met ADAM kennisgemaak het of nie, 'HUURVRY' is die lied vir jou. Om te verhoed dat jy met ’n rooi gesig staan by jou volgende sosiale geleentheid, stel ons voor dat jy vertroud raak met die lirieke. Dié lied gaan nog baie gespeel word en dit is ononderhandelbaar om nié saam te sing nie.

'HUURVRY' is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories