KYK: Handré Pollard deel eerste foto van babaseuntjie

KYK: Handré Pollard deel eerste foto van babaseuntjie

Springbok Handré Pollard en sy vrou, Marise se babaseuntjie is uiteindelik hier!

MARISE AND HANDRE POLLARD
Instagram/ Skermgreep

Die bekende Suid-Afrikaanse rugbyspeler Handré Pollard en sy vrou, Marise, het Sondag die eerste foto van hulle babaseuntjie, Hunter André Pollard op sosiale media gedeel.

Die glanspaartjie het 'n wit en swart foto gedeel waar Marise hulle eersteling vashou terwyl die Springbok-losskakel sy vrou op die voorkop soen.

KYK: 'Klein Kwagga' laat dit wéér skud in nuwe musiekvideo

Saam die pragtige familiefoto skryf die paartjie ook dat Hunter, wie Donderdag 25 April gebore is, reeds hulle grootste seëning en heel grootste liefde is.

Hy het by geboorte 3.6 kg geweeg en is 52 cm lank het Marise gedeel.

Kyk hier: 

Suid-Afrikaanse aktrise Simoné Pretorius het die paartjie geluk gewens en geskryf, "Ek het twee jaar gelede gedroom julle kry 'n seuntjie. Hier is hy! Baie geluk! En geniet daai cuddles!"

Ander bekendes het ook die paartjie geluk gewens:

"Baie baie geluk julle," skryf die huidige Mej. Suid-Afrika, Natasha Joubert.

"Geluk julle! Geniet hom," het die sanger Karlien van Jaarsveld geskryf.

LEES: TikTok star Sami Hall talks about her time working at Jacaranda FM

Na die afloop van die 2023 Rugbywêreldbeker het die paartjie die opwindende nuus gedeel dat hulle met hulle eersteling swanger is.

Marise en Pollard het prentjiemooi foto's op Instagram gedeel om die nuus aan te kondig. 

"Die grootste seëning van almal sal in April by ons aansluit," het Marise toe geskryf. 

Die 29-jarige het ook in Januarie vanjaar die geslag van hulle eersteling verklap toe sy 'n foto van haar babatee gedeel en daarby geskryf het: "'n Dag gevul met soveel liefde vir ons BABASEUN".

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories