KYK: Reuse luislang ontsnap greep van vyf mans

KYK: Reuse luislang ontsnap greep van vyf mans

Hoeveel mans sal dit vat om 'n reuse luislang te vang? Wel, die antwoord is: meer as vyf.

PYTHON ATTACKING MEN
Facebook/ Skermgreep

'n Video wat Saterdag op sosiale media gedeel is het talle Suid-Afrikaners laat lê soos hulle lag.

Die video, wat op Ian Smit se Facebook-blad gedeel is, wys hoe vyf mans probeer om 'n luislang uit 'n dam water te verwyder.

Kyk hier:

Aan die begin blyk dit of die mans weet hoe om die gevaarlike taak aan te pak, aangesien een van die mans 'n stok gebruik om die slang se lyf uit die water te kry terwyl die ander regstaan om te gryp.

KYK: Mej. SA Cindy Nell-Roberts verhuis na Australië

Dit was ook die oomblik waar mens kon sien hoe groot hierdie slang werklik is - toe die man met die stok 'n deel van die slang se lyf uit die water kon kry.

"Gryp kêrels gryp," het een van die mans gskreeu terwyl die res die slang aan die stert probeer uittrek het.

Ongelukkig het hulle vinning geleer dat die slang veel sterker is as wat hulle gedink het, aangesien een man op sy rug beland het en die ander hulle greep op die slang verloor soos wat die slang geveg het.

Die groep het vinnig weer werk daarvaan gemaak om die slang te gryp, maar ongelukkig was die tweede probeerslag ook onsuksesvol.

Tydens die tweede probeerslag het die slang sy kop uit die water gelig en na die mans gepik.

KYK: Loufi se nuuste enkelsnit is hier!

In 'n oogwink is nog 'n man op sy rug gewees terwyl die res wolke stof agter gelaat het soos hulle weggehardloop het.  

Alhoewel die taak baie gevaarlik kan wees kan mens nie help om vir die insident te lag nie. 

Die video het reeds meer as 1,8-miljoen kyke op Facebook. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories