KYK: Tuinier gooi beweerde dief met bakstene

KYK: Tuinier gooi beweerde dief met bakstene

'n Middelburgse tuinier het seker gemaak 'n verneemde dief maak spore na hy oor 'n huis se muur gespring het...

Dief by huis
YouTube/ Skermgreep

'n Plaaslike tuinier het wydverspreide erkenning gekry nadat hy 'n dief verjaag het wat oor 'n erf se muur gespring het. 

Die tuinier van Middelburg het die vermeende dief, in die erf waar hy werk, betrap en seker gemaak hy maak spore toe hy hom met bakstene begin gooi het. 

LEES: Miss SA Natasha Joubert: "I felt I let the country down"

'n Video van die voorval is op sosiale media gedeel en het wydverspreide reaksie uit gelok.

Volgens The Citizen, was Alet Maritz by die hospitaal, waar sy 'n ouma geword het, toe die man oor die muur van haar huis gespring het. 

Thabo Ngwatle, die tuinier, het dadelik vir Maritz van die voorval vertel toe sy by die huis gekom het.

LEES: Angie Oeh 'leeu met katjie hart', sê vriend Peach van Pletzen

Sy het dadelik die videomateriaal nagegaan en gesien hoe braaf Ngwatle opgetree het toe hy die vermeende dief met bakstene gelooi het.

Die video wys hoe die dief stadig oor die erf se muur klim en dan rond kyk.

Voor die dief verder kon beweeg kan Ngwatle in die video gesien word waar hy die dief met bakstene begin gooi.

Die man het vining weer oor die muur geklouter terwyl hy koes vir die bakstene.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Youtube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories