LUISTER: Hy hou meer van gholf, sê dansende sewejarige

LUISTER: Hy hou meer van gholf, sê dansende sewejarige

Klein Kwagga (Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen) het met Breakfast with Martin Bester gesels na sy dansvideo die harte van miljoene Suid-Afrikaners gesteel het.

Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen nuut
Verskaf

'n Oulike video van 'n jong seun wat sy hart uit dans het miljoene Suid-Afrikaners se harte laat roer na die video op sosiale media gedeel is. 

Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen ook bekend as 'Klein Kwagga' het met sy eksentrieke danspassies gespog terywl hy op Bernice West se 'Lyfie' gedans het.

KYK: Jong seun laat SA gons met oulike dansie

Miljoene sosiale media-verbruikers het al reeds die video gekyk.

Martin Bester het met die sewejarige gepraat oor sy oulike dansvideo wat geneem is by sy suster se dansskool in Benoni. 

Luister hier:

Tydens die onderhoud het Jansen van Nieuwenhuizen vertel dat hy eintlik meer van gholf hou as van dans. 

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Willem en Sanel spog met babadogter

Hy vertel wel dat hy daarvan hou om op Robbie Wessels en Snotknop se musiek te dans en hy "love tannie Bernice".

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories