"Ons het nie gedink hy gaan dit maak nie," sê Nádine

"Ons het nie gedink hy gaan dit maak nie," sê Nádine

Martin Bester het met die emosionele Nádine gesels oor die nuutste verwikkelinge oor oud-Springbok Derick Hougaard se gesondheid. 

Nadine deel dat voormalige Springbok losskakel Derick Hougaard wakker is
Nadine Facebook

Oud-Springbok Derick Hougaard en sy vriendin, die sangeres Nádine, was onlangs in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem na hy bewusteloos by sy huis gevind is. 

In 'n onderhoud op Breakfast with Martin Bester, het Nádine meer gedeel oor die nuutste verwikkelinge oor Hougaard se gesondheid.

Nádine het begin deur te sê hoe moeilik die afgelope twee weke vir haar en Hougaard-familie en vriende was.  

FOTO’S: Aktrise Donnalee Roberts spog met nuwe babaseun

"Dit was 'n ongelooflike moeilike twee weke. Mens is nooit voorbereid vir so iets nie. Ons het die eerste paar dae nie geweet of hy dit gaan maak nie."

Die sangeres het vertel dat hulle agtergekom het dat "dinge begin draai" het op dag nege. Die voormalige Springbok het op dag 12 wakker geword en vandag sit hy regop en haal op sy eie asem. 

"Dit was 'n aanpassing vir hom om self te moet asem haal na hy op 'n ventilator was," het Nádine gesê.   

Op díe oomblik het hulle nog nie al die antwoorde oor wat gebeur het nie, maar Nádine het vertel dat Hougaard met aspiration pneumonia gediagnoseer was. 

LUISTER: Demi Lee Moore en Die Heuwels Fantasties stel nuwe enkelsnit vry

"Jy gaan slaap en jy is heeltemal oraait en dan verstik jy of gooi op in jou slaap. Wat dan gebeur is jy word nie wakker nie en dan basically versmoor jy stadig na jy dit in asem."

Ongelukkig was daar baie gerugte versprei deur mense wat hulle geglo het hulle beste belange op hulle hart gedra het.

Volgens die sangeres was daar mense wat dood oor Hougaard se lewe uitgespreuk het en mense wat leuens versprei het dat hy dood is. Hierdie mense was as vriende geag en is mense wat hom in die hospitasl kom sien het. 

"As Derick moes weet wat mense van hom gesê het sou hy baie onsteld gewees het."

KYK: Kapenaar speel klavier terwyl huis verspoel

Nádine het wel emosioneel geraak en in trane uitgebars oor die ondersteuning wat hulle ontvang het.

"Die publiek, vriende en familie was ongelooflik en almal staan by hom. Dankie, dankie, dankie, vir al julle gebede. Ek waardeer alles."

Nádine het ook vertel dat Hougaard "so skewe glimlaggie gegee" het toe sy vir hom vertel het dat sy met Martin Bester gaan gesels. 

Hy het haar gevra om ook sy dankbaarheid oor almal se ondersteuning uit te lig.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories