Ruan Josh steel harte op Breakfast with Martin Bester se Friday Live

Ruan Josh steel harte op Breakfast with Martin Bester se Friday Live

Suid-Afrikaanse sanger Ruan Josh het Vrydag op Breakfast with Martin Bester sy weergawe van Dermott Kennedy se 'Kiss Me' opgetree.

BMB and Ruan Josh
Jacaranda FM

Josh het Vrydag saam die Breakfast with Martin Bester-span in Kaapsehoop gekuier om sy weergawe van Dermott Kennedy se ‘Kiss Me’ op Friday Live op te tree.

Die sanger het ook meer gedeel oor sy nuwe enkelsnit ‘Ligte Af’.  

Wat moet jy doen as die ligte afgaan en jy kan nie kuier nie? Jy maak ʼn vuur, nooi almal wat jy ken en hou in elk geval heelnag partytjie tot die bure kla! 

Met Ruan Josh se splinternuwe enkelsnit, Ligte Af, herinner hy Afrikaanse luisteraars dat ʼn mens steeds kan pret hê, ten spyte van die harde werklikheid van beurtkrag in Suid-Afrika. 

KYK: Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

Ná 'n droogte van twee jaar gaan Ruan nou die voete laat jeuk en dansvloere regoor die land vol maak met dié enkelsnit. 

“Ek sal daarvan hou as mense die persoon naaste aan hulle wil gryp en die heupe bietjie swaai met dié liedjie - en natuurlik uit volle bors saamsing,” vertel Ruan opgewonde. 

Ruan Josh is al 14 jaar voltyds in die musiekbedryf doenig. Hy is sedert sy kleintyd versot op musiek en het in ʼn musikale huis grootgeword waar ʼn liefde vir country en Afrikaanse musiek by hom gekweek is. 

Ruan geniet dit om in die natuur te wees en kan vir dae aaneen op sy eie klaar kom. Hy skerts en sê sy eie geselskap is sy gunsteling-geselskap.

KYK: Zaan Sonnekus maak sy debuut op Friday Live

Hy put inspirasie uit verskeie ander kunstenaars, maar sê hy sal nog graag saam met die groepe Posduif of Rubber Duc wil werk.

Hy sal ook altyd saam met sy ma en suster, die sangeresse en liedjieskrywers Juanita en Franja du Plessis, wil optree.

As hy nie meer in die musiekbedryf werksaam is nie, sal hy homself voltyds op boerdery toespits.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories