Zaan Sonnekus maak sy debuut op Friday Live

Zaan Sonnekus maak sy debuut op Friday Live

Musikant Zaan Sonnekus het vir die eerste keer op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree. 

Zaan Sonnekus
Supplied

Die Breakfast with Martin Bester-span het Vrydag al die pad van Kloofzicht Lodge and Spa in Muldersdrift uitgesaai. 

Suid-Afrikaanse kunstenaar Zaan Sonnekus het saam kom kuier terwyl Martin Bester en die span na die perfekte sonsopkoms soek. 

Sonnekus het ook sy weergawe van Birdy se 'Skinny Love' opgetree. 

Die 'Krapmerke'- sanger is ook deel van hierdie jaar se 'Francois van Coke & Vriende'. 

Friday Live: Francois van Coke deel groot nuus

'Francois van Coke & Vriende' 2023 gaan groter as ooit tevore wees met nuwe en ou Vriende wat saam gaan optree in Pretoria op Vrydag, 18 Augustus by die SunBet Arena en Kaapstad op Saterday, 16 September by die Grand Arena.

Hier is 2023 se vriende:

  • Spoegwolf (PTA only)
  • Neon Dreams
  • Fokofpolisiekar
  • Elandré (CT only)
  • Zaan Sonnekus
  • Early B (PTA only)
  • Loufi
  • Tasché
  • Jack Parow
  • Van Pletzen (CT only)
  • Hunter Kennedy
  • Van Coke Kartel
  • Die Heuwels Fantasties
Zaan sonnekus FVK en Vriende
Supplied

Luister ook Francois van Coke en Zaan Sonnekus se enkelsnit 'Almal Baklei' hier:

Zaan Sonnekus (oftewel Cézaan Sonnekus) is ’n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en sanger van Bloemfontein in die Vrystaat. 

Zaan kom uit ’n baie kunstige familie en sy ouers het hom nog altyd aangemoedig om te doen waarvoor hy lief is. Volgens hom, was dit ook sy ma se talent as skrywer en kunstenaar wat hom geïnspireer het om ’n liedjieskrywer te word.

Friday Live: Droomsindroom skop Innibos op Breakfast with Martin Bester af

Na skool (Affies) het hy sy kwalifikasie in Musiekvervaardiging behaal aan COPA, waarna hy in 2017 sy eerste enkelsnit vrygestel het wat groot opslae gemaak het in Pretoria en die Kaap. 

’n Kortspeelplaat, 'No More Empty Words' (2018), asook verskeie ander enkelsnitte – soos 'Soos Hel', 'Audacious' en 'Walking Away' (2019), het kort daarna gevolg. 

Alhoewel hy reeds vyf jaar amptelik in die musiekbedryf doenig is, beskou dié Pretorianer die vrystelling van sy nuutste enkelsnit en musiekvideo, 'Ek Kan Net Bid' (wat hy opdra aan sy ma wat oorlede is aan Covid-19), as sy amptelike bekendstelling aan Afrikaanse musiekliefhebbers.

Hy sal ook nog eendag graag saam met kunstenaars soos Jan Blohm, Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties, Tasché en Spoegwolf in die ateljee wil werk.

KYK: Jakkals en Berg bring "klas en kwaliteit" na die Friday Live verhoog

Sy musiek kan beskryf word as alternatiewe rock, met ’n sielvolle aanslag en liedjiesskryf is ook sy manier om woede en pyn te verwerk. Daarom is elke projek waaraan hy werk vir hom baie diep en persoonlik.

Zaan Sonnekus het lankal reeds die kuns bemeester om betekenisvolle lirieke met unieke pop-rockklanke te verweef om ’n uitsonderlike eindresultaat te kry.

Die nuutste alternatiewe snit, uit sy eie arsenaal, is net weereens ’n bewys van hierdie donkerkop Pretorianer se uitsonderlike talent.

Luister hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories