SA atleet met downsindroom behaal groot sukses in Turkye

SA atleet met downsindroom behaal groot sukses in Turkye

Cindy Engelbrecht van Centurion is sterk op pad na hierdie jaar se Paralimpiese Spele na sy groot sukses behaal het by die Wêreld Trisome Spele in Turkye.

CINDY ENGELBRECHT 3
Verskaf

Cindy Engelbrecht is in 1990 in Vanderbijlpark gebore en is tydens geboorte met downsindroom gediagnoseer.

In 2003 het Cindy en haar familie na  Centurion verhuis waar sy haar skoolloopbaan voltooi het.

KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

Cindy se lewe het in 2017 drasties verander toe sy deel geword het van Club21 se sport akedemie en haar sport talent vir die eerste keer ontdek is.

CINDY ENGELBRECHT 1
Verskaf

Dit was die begin van groot dinge vir die atleet en sy het Suid-Afrika in 2018 by die Wêreld Trisome Spele in Madeira verteenwoordig, vanwaar sy twee silwer en een brons medalje huis toe gebring het.

Sy is in 2023 as Tshwane Sportsvrou van die jaar genomineer vir haar deelname in tafel tennis.

Sy het ook haar nasionale klere gekry vir diskus, spiesgooi, gewigstoot, 800m stap en tafeltennis en was onlangs in Turkye vir die Wêreld Trisome Spele vir mense met downsindroom.

CINDY ENGELBRECHT 2
Verskaf

Sy het die volgende verwerf:

Goud – 800m Mosaic Dames Stap ( Wêreld Record + Africa Rekord)

Silver – 800m Mosaic Dames Hardloop (Afrika Rekord)

Silver – Spiesgooi Mosaic Dames

Silver – Gewigstoot Mosaic Dames (Afrika Rekord)

Buiten al haar sportprestasies is Cindy ook talentvol as dit kom by die kunste.

Sy het die hoofrol in 'The Sound of Music' gespeel wat deur Club21 by die Amfiteater in Pretoria opgevoer is en het haar Barista-kursus voltooi waarvoor sy 'n sertifikaat gekry het.

Volgens haar ma, Celia Engelbrecht  ken hierdie "Wonder Woman" se talente geen perke nie.

KYK: Patricia Lewis vier seun se 20ste verjaarsdag

 "Sy het n hart van goud sy help ook graag met afrigting vir die kleiner kindertjies by Club 21 en is nie skaam om op die radio of by funksies te praat en werk ook by die teetuin van Club 21."

"In Cindy se woordeskat is daar nie die woorde 'ek kan nie' haar leuse is 'Ek Kan' en dan doen sy dit. Ons as gesin het al so baie by haar geleer van Christenskap en 'n omgee hart."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Supplied

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories