Schalk Bezuidenhout verduidelik: Só het rugby ontstaan

Schalk Bezuidenhout verduidelik: Só het rugby ontstaan

Het jy al ooit gewonder waar een van Suid-Afrika se mees geliefde sportsoorte ontstaan het? Wel, hier is jou antwoord.

Schalk raw egg
Schalk Bezuidenhout/Instagram

Rugby, ‘n sport wat vele Suid-Afrikaners baie na aan die hart lê, tog weet baie min van ons hoe dit werklik onstaan het.

Gelukkig vir ons het die skreeusnaakse Suid-Afrikanse komediant, Schalk Bezuidenhout die antwoorde. 

Bezuidenhout het in ‘n onlangse Instagram video die “regte” ontstaan van rugby aan sy aanhangers verduidelik.

KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter

Die ‘Hotel’-akteur vertel hoe hy vanaf Manchester in Britanje op ‘n trein geklim het. Een van die trein se stoppe was toevalig ‘n klein dorpie met die naam, Rugby.

 “Ek dog toe dis baie oulik dat hulle hierdie klein dorpie vernoem het na die sport, rugby,” het hy gesê.

Bezuidenhout vertel verder dat die dorpie wel nie na die sport vernoem is nie, maar eerder dat “rugby” na die dorpie vernoem is.

Die internasionale sport het volgens berigte ontstaan toe William Webb Ellis in 1823 tydens ‘n sokker wedstryd in Rugby, Warwickshire, Britanje die bal opgtel het en daarmee gehardloop het. 

KYK: Dr. Rolene Strauss en Daniel Strauss het ‘n "biljoenêringesteldheid"

Jare later in 1871 is die “Rugby Football Union” geskep en so, deur die jare, het die sport wat talle Suid-Afrikaners vandag bymekaar bring ontwikkel. 

Alhoewel daar nie baie bewyse is om hieride ongelooflike storie te ondersteun nie is die Rugby Wêreld trofee steeds na William Webb Ellis vernoem.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories