Spelfout op nuwe SA banknote gevind?

Spelfout op nuwe SA banknote gevind?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het op 4 Mei nuwe banknote- en munte bekendgestel.

new banknotes and coins
Supplied

Dit wil voorkom asof daar 'n spelfout op die nuwe R100-noot gevind is. 

Volgens berigte is die R100-noot, se Xitsonga vertaling van Reserwebank verkeerdelik op die noot aangebring.

KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter

Op die ou note word Reserwebank in Xitsonga, "Bangi-Nkulu" gespel, maar op die nuwe noot word dié woord egter "Bangi Kulu" gespel. 

'n Verslag van die Pan Afrika-taalraad bevestig wel dat die spelling op die ou noot verkeerd is, maar sommige Xitsonga-sprekers stem nogsteeds nie saam met die nuwe spelling nie.

KYK: Man gebruik slinkse manier om kar te steel by Centurion-karwas

Baie mense in die Xitsonga-gemeenskap voel dat kenners van dié taal nie geraadpleeg is nie. 

Hier is ‘n voorbeeld van die beweerde spelfout:

R100 bank note
Supplied

Hier is hoe dit voorheen geskryf is:

R100 bank note correct
Supplied

Suid-Afrikaners regoor Twitter is geskeur oor die situase alhoewel baie saamstem dat dit wel ‘n spelfout is.

"Dis Banginkulu, laat hulle daai note herroep," skryf een Twitter-gebruiker.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories