KYK: Man gebruik slinkse manier om kar te steel by Centurion-karwas

KYK: Man gebruik slinkse manier om kar te steel by Centurion-karwas

Suid-Afrikaners word gewaarsku om ekstra waaksaam te wees, aangesien misdadigers meer en meer maniere vind om misdaad te pleeg.

Centurion man steel kar
Twitter/ Screenshot

'n Video van ‘n man wat na bewering ‘n kar gesteel het in Centurion het wyd oor sosiale media versprei.

Díe video wys hoe die man 'n karwaswerknemer oorreed om die sleutels van ‘n ander kar te aan hom te oorhandig. 

In die video loop ‘n man na die werknemer toe waarna hy vir hom ‘n foon oorhandig.

“My ma se kar is gesteel. My pa het die kar by die karwas afgelaai in Centurion,” het die beweerde slagoffer se dogter geskryf. 

LUISTER: Dr. Rolene Strauss en Daniel Strauss het ‘n "biljoenêringestelheid"

Volgens ‘n Twitter-plasing het die man vir die werknemer gesê dat die person op die foon die eienaar van die kar is. 

“Hy het vir hom gesê dat dit my pa op die foon is en dat hy hom gestuur het om die kar te kom haal.”

Motoriste in Suid-Afrika word weereens gewaarksu oor die talle maniere waarop misdadigers karre steel en die nuwe tendens wat karwasse teiken.

LEES: Eddie Wallace deel wenke oor hoe hy 59 kg verloor het

Die storie het talle reaksies aanlyn ontlok met talle wat voel dat daar nie meer veilige plekke in Suid-Afrika is nie. 

Tell us more here:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories