Eddie Wallace deel wenke oor hoe hy 59 kg verloor het

Eddie Wallace deel wenke oor hoe hy 59 kg verloor het

Martin Bester het met Eddie Wallace, VIA se ‘Die Groot Afskud’- wenner gepraat na hy 59 kg verloor het.

Martin and Eddie Wallace
Jacaranda FM

Eddie Wallace, 37, het eens op ‘n tyd 227 kg geweeg voor hy besluit het om sy lewe om te draai en deel te neem aan ‘n VIA-program ‘Die Groot Afskud’. 

“Die ergste was dat ek in die oggende, wanneer ek wakker geword het, nie kon stap nie.” 

Wallace vertel ook dat hy vir homself “twee maande oorgegee” het toe hy op sy grootste was.   

FOTO'S: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!

“Groot mense maak altyd grappies oor hierdie goed, maar binne is ons eintlik ernstig.”

 Eddie glo hy was verslaaf aan kos en dit was een van die grootste redes vir sy gewigsprobleme.

“As ek myself gesien het, het ek geëet. Dit gebeur ook so vinning. Ek het 80 kg in vier jaar opgetel,” het hy vertel. 

Alhoewel hy eens op ‘n tyd baie gefokus was op oefen en fiksheid het hy steeds maklik verval in sy leefstyl wat ernstige gesondheidsprobleme soos hoë bloedruk en tipe twee diabetes veroorsaak het.

KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss

Die 37-jarige het weggestap as die wenner nadat hy die meeste gewig afgeskud het tydens die kompetisie. 

Hier is die voor en na foto's:

Before and After Eddie Wallace
Supplied

“Die kompetisie het dit baie makliker gemaak om gewig te verloor,” het Wallace gesê. Volgens ‘Die Groot Afksud’- wenner wil hy nog 50 kg verloor.

Hy het wenke gedeel oor gewig verlies:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories