FOTO'S: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!

FOTO'S: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!

Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker is verlief en verloof!

Tatjana Schoenmaker en Joel Smith
Instagram/ Screenshot

Olimpiese-swemmer Tatjana Schoenmaker het onlangs aangekondig dat sy verloof geraak het aan Rachel Kolisi se broer, Joel Smith. 

Schoenmaker het foto's op Instagram gedeel om die groot nuus te vier.

"Ek weet wat julle almal dink: 'Hoekom het hy so lank gevat?' Ons is verloof!" het Schoenmaker op haar plasing geskryf. 

KYK: Thabo Bester wat in tronksel dans laat sosiale media gons

Smith het die groot vraag gevra terwyl die paartjie op 'n staproete by Eagles’' Nest Constantia in die Wes-Kaap was. 

Die Olimpiese-swemmer was natuurlik in haar noppies: "Ek gaan die man van my drome trou.

"Ek is so dankbaar om die voorreg te hê om jou lief te hê, en nou, om 'n nuwe hoofstuk met jou te begin."

Die pragtige foto's op die plasing het die ongelooflike oomblik vasgevang waar die paartjie deur verskeie emosies gaan - van absolute geluk na 'n paar emosionele oomblikke.

KYK: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss

Volgens Jacaranda FM, is Smith ook deel van die Kolisi-stigting. 

Vroeër die jaar het die paartjie hulle verhouding op sosiale media bekend gemaak. 

Op Valentynsdag, het Smith 'n pragtige foto van hom en Schoenmaker gedeel, en het op die plasing gesê: "My Valentyn."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER BY JACARANDA FM


Show's Stories