KYK: Thabo Bester wat in tronksel dans laat sosiale media gons

KYK: Thabo Bester wat in tronksel dans laat sosiale media gons

‘n Video van die ‘Facebook Rapist,’ Thabo Bester, wat in sy vorige tronksel dans het wyd oor sosiale media versprei.

Thabo Bester Dancing
Twitter/ Screenshot/ Thabo Bester

In ‘n video wat tans wyd oor sosiale media versprei word kan die beskuldigde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, gesien word in sy tronksel dans.

Volgens berigte is die video geneem terwyl Bester by die Mangaung  korrektiewe dienste aangehou was. 

LISTEN: "Bheki Cele should resign" - Advocate Glynnis Breytenbach

Dit blyk in die video of die ‘Facebook Rapist’ in dood gewone klere is terwyl hy “sy beste lewe, lewe”. 

Volgens die video, het Bester gereeld normale klere gedra wat sy medepligtige Dr Nandipha Magudumana vir hom gevat het. Hy het ook sy eie lakens in sy tronksel gehad. 

Kyk die video hier:

Dit is nog nie bekend wanneer die video geneem is nie, maar daar word vermoed dat dit geneem is voor hy in Mei 2022 uit die tronk ontsnap het. 

Thabo Bester ook bekend as die ‘Facebook Rapist’ het in Mei 2022 uit sy tronksel onstap by die Mangaung  korrektiewe dienste na hy sy eie dood nagemaak het. 

WATCH: Thabo Bester and Dr Nandipha are back in SA

Owerhede het eers in Maart 2023 bevestig die liggaam wat in Bester se tronksel gevind is nie sy eie liggaan was nie.

Na ‘n intensiewe soektog is Bester en sy medepligtige Dr Nandipha Magudumana in Tanzania vasgevang.

Hulle is tans agter tralies in Suid-Afrika.

Luister na Breakfast with Martin Bester se onderhoud met Dr Gerard Labuschagne oor Thabo Bester hier: 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories