'Vetkoekpaleis' se 'Boeboe' is opsoek na liefde

'Vetkoekpaleis' se 'Boeboe' is opsoek na liefde

Aktrise Liane Heyl wil haar soeke na liefe na die TV-skerm bring. 

Boeboe Liane Heyl
Facebook/ Skermgreep

Die geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Liane Heyl, wat veral bekend is vir haar rol as 'Boeboe' in 'Vetkoekpaleis', is opsoek na liefde en waar beter om te soek as op televisie? 

Heyl het aan Huisgenoot verklap dat sy graag 'n werklikheidsreeks, 'Boeboe Soek Liefde' na Suid-Afrikaanse TV-skerms wil bring. 

KYK: Ampie, Radio Raps en Dricus du Plessis stel enkelsnit 'Allie Manne' vry

Die konsep is as 'n TV-reeks saamgestel wat 'Boeboe' in haar soeke na liefde sal volg. 

Alhoewel die konsep nog nie deur enige TV-kanaal opgetel is nie, sê Heyl dat sy wel duim vas hou. 

"'n Mens kom op 'n plek in jou lewe waar jy nie meer alleen wil wees nie. Ek sê alyd vir mense: Ek wil nie meer alleen winkel toe gaan vir 'n baguette en olywe nie. Die rede is iets so random soos dit," vertel sy. 

LEES: 'The Voice SA' se William Wolf deel opwindende nuus

Al is haar soeke na liefde nie so suksesvol nie, is die aktrise se loopbaan op die silwerskerm nog sterk aan die gang. 

Heyl is onlangs vir 'n Silwerskermfees-prys vir haar rol in 'Poena' benoem waarin sy die geliefde van 'Poena' (Robbie Wessels) se oupa 'Poen' (At Botha) speel. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories