Gretha Wiid: "Nie 'n ondersteuner" van die LGBTQI+ advertensies

Gretha Wiid: "Nie 'n ondersteuner" van die LGBTQI+ advertensies

Gretha Wiid het haar opinie oor Woolworths se ondersteuning van die LGBTQ+ gemeenskap duidelik gemaak in 'n onlangse Facebook-plasing.

Gretha Widd
Facebook/ Screenshot

Suid-Afrikaanse skrywer en spreker Gretha Wiid het Donderdag haar opinie gedeel oor die ondersteuning van die LGBTQ+ gemeenskap tydens 'Pride Month'. 

In haar plasing op Facebook, skryf sy dat Woolworths nie haar ondersteuning tydens Junie sal kry nie. 

"Ek en my huishouding lewe in dankbaarheid vir die belofte van die reënboog wat God aan ons gegee het… die een met sewe kleure," het sy gesê 

LEES: Sanger Heinz Winckler sê Sexpo advertensies is "onaanvaarbaar"

"Hulle het definitief nie my bydra nodig nie, maar Jesus verdien my alles," het sy bygevoeg.

Die "Pride"- vlag wat die maand in winkels regoor die wêreld gesien kan word het 'n groot verskeindenheid kleure op wat verskillende woorde en groepe van die LGBTQ+ gemeenskap verteenwoordig.

Haar uitlatings het baie mense van die Queer-gemeenskap woedend gemaak, alhoewel meerderheid van haar ondersteuners agter haar gestaan het. 

Wiid het dit duidelik gemaak dat sy baie mense in die LGBTQ-gemeenskap ken en lief het.

KYK: Kleuter gooi vloermoer tydens eertse gholf-les

 Sy voel wel dat veldtogte soos die van Woolworths 'n agenda dryf. Díe agenda is wel nie duidelik gemaak in haar plasing nie.

Wat beteken die LGTBQ+ vlag regtig?

Elke kleur op die Pride-vlag verteenwoordig verskillende woord of groepe in díe gemeenskap. 

Hier is wat dit beteken: 

  • Rooi = Lewe
  • Oranje = Genesing
  • Geel = Nuwe idees
  • Blou = Kalmte
  • Pers = Gees
  • Swart en Bruin = Mense van kleur
  • Wit, Pienk en Blou = Trans-gemeenskap

Bron: Very Well Mind

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories