Bekende akteur Neels van Jaarsveld gesels oor sy nuwe reeks
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Akteur, regisseur, en nog vele meer, Neels van Jaarsveld het verskeie talente.
Neels van Jaarsveld het 'n nuwe projek wat hy aanpak en ons kan seker wees dat daar nog nooit van te vore so 'n reeks op Suid-Afrikaanse televisie was nie!
LEES: FOTO: Voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam deel eerste foto van baba seun
Hy het 'n draai by ons gemaak om te gesels oor hierdie nuwe reeks: 'Op reis met my beste vriend'.
Luister na die onderhoud om meer oor die interessante reeks uit te vind:
LEES: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd een van ses 'Real Housewives'
Saterdagaande 18:00 word vanaf 8 April ‘n lekker kuiergeleentheid voor die TV vir kykers én hul troeteldiere, met kykNET se splinternuwe leefstylprogram, 'Op reis met my beste vriend', wat begin.
Die akteur Neels van Jaarsveld se miniatuur spikkel-worshond, Lulu, is amper net so bekend soos hy. Met haar eie Instagram-blad, @honnelulu, steel die skattige Lulu harte net waar sy gaan.
LEES: How to hunt for the best Easter buys on a budget
Maar Neels is nie die enigste bekende wat ’n sagte plekkie vir troeteldiere het nie en in die nuwe reeks, 'Op reis met my beste vriend', gaan hy by vriende in die vermaakbedryf – én hulle troeteldiere – kuier.
Daar gaan onder meer gekyk word na dierevriendelike-restaurante, -akkomodasie en -aktiwiteite, liefdadigheidsorganisasies wat op diere fokus en selfs ’n kunstenaar wat troeteldiere skets en roomys wat spesiaal vir honde ontwikkel is.
'Op reis met my beste vriend' begin op 8 April om op kykNET, DStv-kanaal 144.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
8 facts about hidden details in Meghan Markle's historic wedding dress
On the eighth anniversary of the Duke and Duchess of Sussex's wedding…
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago