KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Die akteur, bekend vir sy rol as Dr. Steve Abrahams op 'Binnelanders' en sy vrou Steffi van Wyk-Brink is uiteindelik ma en pa!
Een van Suid-Afrika se gunsteling paartjies het in September 2022 die nuus gedeel dat #BabyBrink oppad is en nou is Steffi en Clint Brink die ouers van 'n pragtige babadogtertjie.
LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!
Volgens Steffi het hulle op 6 April 2023, om 06h34 hulle kleintjie verwelkom en geniet elke oomblik met haar.
Die paar het op Instagram die eerste foto's van hulle dogter Arielle Harmony Brink gedeel en is duidelik versot:
LEES: #SafeSpace: Actor Clint Brink opens up about financial stress on men
Jy kan Steffi se volle plasing hier sien:
Ons hoop die paartjie geniet nog baie wonderlike dae met hulle eersteling!
Clint het ook laasjaar met ons eie Rob Forbes gepraat oor hoe finasiële stres mans kan affekteer in die #SafeSpace reeks wat fokus op geestesgesondheid:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 12 minutes ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago