KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter

KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter

Die akteur, bekend vir sy rol as Dr. Steve Abrahams op 'Binnelanders' en sy vrou Steffi van Wyk-Brink is uiteindelik ma en pa!

Clint Brink
Instagram/ Clint Brink & Steffi van Wyk-Brink

Een van Suid-Afrika se gunsteling paartjies het in September 2022 die nuus gedeel dat #BabyBrink oppad is en nou is Steffi en Clint Brink die ouers van 'n pragtige babadogtertjie.

LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!

Volgens Steffi het hulle op 6 April 2023, om 06h34 hulle kleintjie verwelkom en geniet elke oomblik met haar.

Die paar het op Instagram die eerste foto's van hulle dogter Arielle Harmony Brink gedeel en is duidelik versot:

LEES: #SafeSpace: Actor Clint Brink opens up about financial stress on men

Jy kan Steffi se volle plasing hier sien:

Ons hoop die paartjie geniet nog baie wonderlike dae met hulle eersteling!

Clint het ook laasjaar met ons eie Rob Forbes gepraat oor hoe finasiële stres mans kan affekteer in die #SafeSpace reeks wat fokus op geestesgesondheid:

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Instagram/Clint Brink

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories