LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!

LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!

Droomsindroom is gereed om Afrikaans en Nederlandse musiek luisteraars, se harte te steel met nuwe opwindende musiek. 

Friday Live Droomsindroom
Supplied

Droomsindroom het in Februarie 2023 hulle nasionale en internasionale toer afgeskop. Klein en groot dorpe oor die land word besoek, en groot feeste soos byvoorbeel Liefde by die dam' Somer fees, Mexican and Tequila festival, Innibos, Rocking Stellies en Potch, word ook ingesluit by hulle toer. Droomsindroom gaan ook weer saam met die matrieks op die #netMatriek bootreis na Pomene in Desember.

LEES: KYK: Voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika vier #BabaBergh se eerste maand!

Einde April besoek die Dromers ook Abu Dhabi en Dubai saam met Bernice West. Hierdie toer was beplan vanaf Suid-Afrika deur LAE events. Kaartjie besonderhede is beskikbaar op Droomsindroom se sosiale media platvorms.

Op 11 Mei tree Droomsindroom, saam met van Pletzen en Early B by die gewilde “Melkweg” in Amsterdam op. “Melkweg” is een van die mees bekendste teaters in Europa en wereldbekende kunstenaar het al daar opgetree.

Op agt Julie sal ook Droomsindroom se eerste besoek aan Brandberg Boere Bash, Namibie wees.

LEES: KYK: Nieu-Seelandse TikToker skok kykers deur vlot Afrikaans te praat

Droomsindroom – Agtergrond

Boeties Kirsten Richard (23) en Kyle Joshua (16) het in 2022 hulle eerste enkelsnit “Hey Sonneblom” vrygestel wat ‘n weghol sukses was vir jonk en oud. “Hey Sonneblom” was die nr 1 liedjie op ITunes binne 2 weke vanaf digitale vrystelling en het ook op verskeie Ranglyste as die nr1 enkelsnit geboer. Droomsindroom het behoorlik die land aan die brand gesteek! Droomsindroom was ook binne slegs vyf maande vanaf hulle eerste vrystelling deel van die “Afrikaans is Groot” verhoog waarby hulle by die 80 000 mense vermaak het met hulle energieke weergawe van “Hey Sonneblom” Augustus 2022 het Droomsindroom hulle eerste kort album vrystelling gehad genaamd “Aansteeklik”, wat snitte insluit: “Afrika Son”,” Bella”,” Meer”,” Kopskud rewolusie ft Spoegwolf” en “Amen”.

Droomsindroom is slegs 1 jaar oud maar die Droom bestaan al ‘n klompie jare. Kirsten het sy solo loopbaan afgeskop in sy Matriek jaar met sy eerste vrystelling “Mia”. Gedurende die Grendel tydperk het Kirsten en Kyle saam begin musiek maak en die Droom het begin vorm kry. Kyle was slegs 12 jaar oud toe hy vir die eerste keer voor gehore begin optree het. Kyle is die drommer en ukulele speler van Droomsindroom. Kirsten is die komponis (met Kyle se hulp), sanger, kitaar en mond fluitjie speler.

Kyle is tans in Gr10 en ontvang tuis onderrig as gevolg van sy besige toer skedule. Kyle en Kirsten was beide leerlinge van Hoerskool Garsfontein in Pretoria. Droomsindroon is ‘n onafhanklike musiek groep en word bestuur deur hulle ma, Liezel.

LEES: Woman asks for refund from Midrand wedding photographer after her divorce

Wat Droomsindroom te se het oor “Ek Ly aan”

Ons is al van kleins af groot dromers. Ons grootste droom is om ander mense te inspireer om saam ons te droom. Droomsindroom is nie net 'n naam nie. Dit is 'n werkwoord. Dit is die vlammetjie wat diep binne ons almal brand en wat weier om deur die wêreld geblus te word. Hierdie lied het ons geskryf vir almal wat durf om te droom. Dit is 'n "anthem" vir almal wat die simptome van "Droomsindroom" voel. Al wat ons met hierdie song vir mense wil sê is:Laat jouself toe om te droom. Laat jouself toe om gelukkig te voel. Raak saam ons verlore in die goeie vibes van hierdie song en voel gelukkig. Kom ly saam ons aan Droomsindroom.

“As die wereld net Groter was” – van Pletzen ft Droomsindroom

Peach van Pletzen het ons genader nadat ons ‘n opname by hom laat doen het, met die idee van ‘n duet vir sy nuutste album “Enter the Grootness”. “As die wereld net Groter was” het ontstaan en is digital vrygestel 14 April 2023. Die lied is tipies “GrootHond styl” met ‘n smakie van Droomsindroom. Dit was vir ons ‘n groot eer om met die Groot Hond te werk, en het werklik vir ons ‘n blik gegee van “Wat as die wereld Groter was” – die lied het ons ook geinspireer om ons vlerke weier te sprei en nie slegs die Suid Afrikaanse mark, maar ook die Nederlandse mark te betree. Droomsindroom gaan saam met van Pletzen en Early B, Amsterdam op horings neem, in Mei.

LEES: Princess Diana's niece shares first pictures of South African wedding

“Hey Zonnebloem” – Nederlandse weergawe van “Hey Sonneblom”

“Hey Sonneblom” het ons werklik leer droom en “Hey Zonnebloem” is die snit waarmee ons graag ons internationale gehore wil “Aansteek” met Droomsindroom. Alhoewel die mark en taal vir ons vreemd is, is dit ‘n lekker uitdaging om ons familie en vriende van Europa ‘n smakie van die Suid- Afrikaanse musiek industrie te gee. Die lied is oorvertaal met die hulp van ons oom Bram, wat gebore was in Holland, in samewerking met sy ouers. Geen struktuur verandering van die lied was nodig nie. Dus is “hey Zonnebloem” n replika van die oorspronklike snit. Die uitspraak was n uitdaging maar na n paar opnames is ons gereed om “Hey Zonnebloem” vrytestel op digitale platvorms, sowel as YouTube. Ons is ook baie opgewonde oor die nuwe musiek video. Ons het weer gaan skiet in dieselfde Sonneblom landerye in Mooinooi, die strate van Pretoria en ons tuisgemaakte in-huis studio. 

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories