KYK: Nieu-Seelandse TikToker skok kykers deur vlot Afrikaans te praat

KYK: Nieu-Seelandse TikToker skok kykers deur vlot Afrikaans te praat

Meeste mense sal saamstem: Daar is min goed so lekker soos om iemand verkeerd te bewys.

New Zealand TikToker proves she's from South africa by speaking fluent Afrikaans
@a_r_i_n_d_a/TikTok

Met sosiale media wat dit aansienlik makliker gemaak het vir mense om aanlyn te kan sê net wat hulle wil, kan aanlynpersoonlikhede, "influencers" en inhoudskeppers 'n mengelmoes van goeie en slegte kommentaar op hulle plasings verwag.

LEES: WATCH: Nick Cannon says he wants baby #13 with the world's biggest pop star!

Wat wel 'n vreemde reaksie is, maar tog baie algemeen is, is mense wat op ander se plasings kommentaar lewer en sê dat hulle nie besig is om die waarheid te praat nie.

In die digitale era is dit baie moontlik vir mense om aanlyn leuens en fopnuus te versprei, maar hoekom sal iemand lieg oor waar hulle oorspronklik vandaan kom?

LEES: Bekende akteur Neels van Jaarsveld gesels oor sy nuwe reeks

Een TikToker, @a_r_i_n_d_a is onlangs op haar persoonlike profiel aangevat nadat sy gesê het sy kom van Suid-Afrika af, maar sy praat met 'n Engelse-Amerikaanse aksent.

Van die kommentaar wat gelewer is sê dat daar geen manier is wat sy van Suid-Afrika af kom nie en die enigste manier hoe sy dit kan bewys is deur Afrikaans te praat.

Kyk die video hieronder om haar reaksie op die kommentaar te sien:

@a_r_i_n_d_a Replying to @Alexisbender337 okay okay 😂 #afrikaanstiktok🇿🇦 #afrikaanslanguage #afrikaanss #afrikaanssalbly #afrikaanssemeisie #afrikaanssuidafrika #afrikaanssong #afrikaansschool #afrikaanstiktokstiktok #afrikaanstiktoka ♬ original sound - Ari Eagar𓆩❤︎𓆪

LEES: FOTO: Voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam deel eerste foto van baba seun

Sy het hierdie reaksie gedeel nadat sy verskeie inhoud gemaak en gedeel het wat fokus op haar lewe as Suid-Afrikaner in Nieu-Seeland en die aanpassing wat dit vir haar was.

@a_r_i_n_d_a Replying to @Herman Cheese do you belive me now 😂 #tiktoksouthafricas #saffasinnewzealand #southafricantiktoks #saffasknow #saffasabroad🇿🇦 #southafricasnacks ♬ original sound - Ari Eagar𓆩❤︎𓆪

Welgedaan aan @a_r_i_n_d_a wat 'n fantastiese voorbeeld is van hoe om op 'n ordentlike manier negatiewe kommentaar te hanteer!

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories