KYK: Voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika vier #BabaBergh se eerste maand!

KYK: Voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika vier #BabaBergh se eerste maand!

Melinda Bam en haar man, Adriaan Bergh, se eersteling is gebore en die ouers is in die sewende hemel.

Melinda Bam deel fotos van baba Ruach Michal Bergh
Melinda Bam Instagram

Net 30 dae terug het Melinda Bam en haar man hulle liefste seun, Ruach Michal Bergh in die wêreld verwelkom.

LEES: KYK: Nieu-Seelandse TikToker skok kykers deur vlot Afrikaans te praat

Dit voel dalk vir die nuwe ouers asof hulle net nou die dag uitgevind het hulle verwag, maar nou is hulle seuntjie hier en hulle kon nie gelukkiger wees nie.

Bam het 'n pragtige video op haar sosiale media gedeel om hulle baba se eerste maand te vier:

Mamma Melinda is té bly om soveel as moontlik foto's van haar seuntjie te deel, insluitend die geboortedag self:

Ons kan nie wag om te sien hoe #BabaBergh grootword nie!

Die eerste foto's

Dit was net nou die dag wat Bam die pragtige foto's van haar babatee op sosiale media gedeel het.

LEES: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd een van ses 'Real Housewives'

Nou is die dag waaroor die paartjie so lank gedroom het uiteindelik hier!

Melinda het díe week op Instagram die eerste foto van haar en Bergh se bondeltjie liefde gedeel:

Volgens Melinda se plasing, blyk dit asof hulle al vir die laaste drie weke die geselskap van hulle eersteling geniet, maar geen geboortedatum is al bevestig nie.

LEES: Peet Viljoen dagvaar 'Carte Blanche'-vervaardiger

Na 'n tragiese miskraam in 2021, het die glanspaartjie die goeie nuus van hulle swangerskap in Oktober 2022 gedeel en dit klink asof die nuwe ouers in die sewende hemel is nou dat hulle 'wonderwerkie' in hulle arms is.

Hulle het ook al die naam van hulle baba seuntjie gedeel: Ruach Michal Bergh.

Mag die familie nog baie jare vol van liefde en vreugde geniet.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Yuliia Skybyk/iStock

https://www.istockphoto.com/photo/childrens-sweet-feet-wrapped-in-a-blanket-gm1344253633-422654917?phrase=baby

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories