Buitelander se "braai time" verduideliking is 100% akkuraat

Buitelander se "braai time" verduideliking is 100% akkuraat

"Ons gaan nou braai" - 'n populêre Suid-Afrikaanse gesegde.

Buitelander se "braai time" verduideliking is 100% akkuraat
iStock/Artem Zakharov

Suid-Afrikaners verstaan min dinge so goed soos 'n braai.

Almal het spesifieke reëls en maniere van braai, maar daar is een ding wat almal verstaan.

LEES: Ouma Rusks gets a Barbie makeover!

Die braai begin nooit wanneer dit veronderstel is om te begin nie.

As jy 'n uitnodiging kry na braai en dit sê dit begin tweeuur, dan weet jy alklaar die vleis gaan eers teen vyfuur op die braai gegooi word, as jy gelukkig is.

Maar weereens, as Suid-Afrikaners, het ons begrip hiervoor.

LEES: Kristen Bell shares that her kids drink non-alcoholic beer

Mense wat dalk nie die situasie sal verstaan nie, is buitelanders.

TikToker Eodum Chan Kim, @eodumkim, bly al in Suid-Afrika vir 'n paar jaar en in 'n onlangse video het sy vir internasionale kykers die konsep van "braai time" verduidelik:

@eodumkim I’m just hungry and impatient #braaiday #braai #pretoriaeast #tiktoksouthafrica #southafrica #tiktoksa ♬ iThuba - De Mthuda & Da Muziqal Chef & Kwiish SA

Gelukkig kan ons almal die humor hierin sien, want dit is waar!

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories