'Diepe Waters': Tien dinge wat jy móét weet

'Diepe Waters': Tien dinge wat jy móét weet

Het jy geweet dat die naam 'Diepe Waters' is afkomstig van die gesegde "stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond"? Lees meer hier.

Diepe Waters kykNET
Verskaf/ kykNET

Die splinternuwe telenovelle 'Diepe Waters', wat op Maandag 3 Oktober om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, het al die intrige, karakters en storielyne om kykers van die begin vas te vang. Hier is tien interessante dinge wat jy van dié nuwe reeks moet weet.

  1. Die stelle vir die reeks is in Kaapstad gebou, maar is na Johannesburg geneem waar dit aanmekaar gesit is. 'Diepe Waters' word in dieselfde ateljees verfilm waar 'Egoli' destyds verfilm is. 
  2. Daar is egter verskeie ander plekke waar die telenovelle verfilm word onder meer ’n park, ’n swembad, woonhuise en eetplekke. Hierdie is een van die merkbare verskille tussen ’n sepie en ’n telenovelle aangesien ’n sepie bykans geheel en al in ’n ateljee verfilm word. 
  3. Al die spelers wat in 'Diepe Waters' swem, moes almal professionele swemafrigting ondergaan. 
  4. Tydens die navorsing vir die reeks, is daar verskeie gesprekke met kompeterende swemmers gehou. Onder hulle was Kaylene Corbett wat Suid-Afrika by die Statebondspele in 2022 verteenwoordig het en ’n bronsmedalje in die 200 m borsslag gewen het. 
  5. Om in aanmerking vir een van die swemrolle in die reeks te kom, moes die akteurs wat ’n oudisie afgelê het, ook ’n swemoudisie aflê. In sekere tonele word professionele swemmers as dubbels vir van die karakters gebruik. 
  6. Die deurgaande kleurskema van 'Diepe Waters' is skakerings van oranje en blou wat deur die son en see geïnspireer is. 
  7. Die swartmarlyn is die vinnigste vis en pas perfek as die naam van die swemklub, Die Swartmarlyne, in 'Diepe Waters'. Dít en natuurlik die feit dat die eienaar van die klub se van Swarts is. 
  8. 'Diepe Waters' se span werk ses dae ’n week om seker te maak dat daar vanaf 3 Oktober ’n nuwe episode van Maandae tot Donderdae reg is. 
  9. Die titel van die telenovelle is afkomstig van die gesegde “stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond”. 
  10. Lizz Meiring, wat die rol van Bybie speel, se broer Rocco Meiring is ’n bekende swemafrigter. Een van sy swemmers is Tatjana Schoenmaker wat in 2021 ’n goue medalje by die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gewen het.

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories