Koning Charles 'skop' Harry en Meghan uit huis

Koning Charles 'skop' Harry en Meghan uit huis

Net wanneer mens dink dinge in die koninglike-huishouding begin bedaar...

Prince Harry and Meghan Markle
Twitter

Die spanning loop al hoog vir 'n geruime tyd tussen die Britse koninglikes en dit lyk asof dit nie sommer binnekort veel gaan verbeter nie.

LEES: WATCH: Kairo Forbes pays tribute to dad AKA in touching Instagram post

Net twee maande terug het Prins Harry sy kant van die storie vertel in sy outobiografie 'Spare' vrygestel en dit het nie net sy familie geskok nie, maar ook die res van die wêreld.

Nou, in nog 'n interessante verwikkeling, het Koning Charles III vir die paartjie gevra om hulle offisiële Britse woning te ontruim.

LEES: WATCH: 89-year-old's first date in 30 years ends in heartbreak

Frogmore Cottage is op die Windsor gronde en 'n woordvoerder vir die Harry en Meghan het die nuus bevestig.

Prince Harry and Duchess Meghan Markle are evicted from Frogmore Cottage by King Charles III
LBC.co.uk

LEES: Is it legal for your cellular network provider to announce sudden price hikes?

Alhoewel Koningin Elizabeth II haar seun, Prins Andrew se koningklike titels verwyder het nadat hy aangekla is vir seksuele mishandling, het Koning Charles nou die besluit gemaak om aan hom die Frogmore-woning te oorhandig.

Die uitsetting van die Sussexes beteken dat hulle nie meer beskerm gaan word deur die 'Met's Royalty and Specialist Protection Unit' nie en hulle gaan ook nie meer toegang hê tot Frogmore Cottage se koninglike beskermings offisiere en die informasie wat hulle moet verskaf aan alle lede van die koningklike familie nie.

LEES: SA singer Tyla joins Kim Kardashian in Milan Fashion Week front row

Meghan en Harry toer wel met hulle eie privaat sekuriteitspan, maar Meghan het in hulle Netflix-dokumentêr ook al gesê dat sy baie vrees oor haar en haar familie se veiligheid nadat die paartjie besluit het om die koningklikes te verlaat.

Prins Harry en Meghan het 'n deel van hulle Frogmore huis gewys in die Netflix dokumentêr:

Prince Harry and Meghan, The Duke and Duchess of Sussex kissing in documentary
HANDOUT /Netflix / Courtesy of Prince Harry and Meghan, The Duke and Duchess of Sussex / AFP

Koning Charles III se besluit om die paartjie "uit te skop" kom kort voor sy amptelike bekroning en dit is nog nie bevestig of Harry en Meghan die seremonie gaan bywoon nie.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Twitter

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories