KYK: Mila Guy en Bennie Fourie is getroud!
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Die paartjie, wie se verhouding begin het as 'n onskuldige vriendskap, is nou amptelik Mnr. en Mev. Fourie.
Hierdie naweek het een van Suid-Afrika se gunsteling-akteurpare uiteindelik die knoop deurgehaak met 'n feestelike byeenkoms.
LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!
Mila het op Instagram die eerste foto's van hulle gelukkige dag begin deel met 'n klassieke kiekie van haar en haar man wat langs 'n kar staan waarop die woorde "Just Married" geskryf is.
LEES: Voortrekkermonument eis samewerking met Tshwane
Met dit wat al gedeel is op sosiale media lyk dit asof dit werklik 'n fees was met baie gedansery, gaste wat in "glamping" tente slaap en Mila het selfs 'n paar sonbrille gedra wat die #FourieFees tag opgehad het.
LEES: SEE: Man celebrates divorce with creative writing on his car
Van die bekende gesigte by die #FourieFees sluit in Bouwer Bosch, Peach van Pletzen, Simoné Pretorius nee Nortmann en nog vele meer wat almal fotos en video's van die paartjie se dag gedeel het op sosiale media:
KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter
Bennie en Mila ken mekaar al vir jare maar het eers aan die begin van 2022 met die publiek die nuus gedeel dat hulle wel romanties betrokke is.
Hulle was selfs saam in die reeks 'Hotel', waarin Mila die rol van Malanie Schmidt vertolk het en Bennie die rol van Dodgy Mike.
Ons hoop vir hulle net voorspoed en geluk in hierdie nuwe hoofstuk van hulle lewe saam.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
Foto: Bennie Fourie/Instagram
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 4 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 5 hours ago