KYK: 'Molly en Wors' se Blapsie deel geslag van baba

KYK: 'Molly en Wors' se 'Blapsie' deel geslag van baba

Carien Botha, meer bekend vir haar rol as 'Blapsie' in die kykNET-reeks 'Molly en Wors', het die geslag van haar baba in 'n skreeusnaakse video bekend gemaak.

'Molly en Wors'-aktrise deel groot nuus!
Instagram/ Skermgreep

Die 36-jarige aktrise het onlangs die fantastiese nuus dat sy en haar man hulle tweede kind verwag op sosiale media gedeel.

Botha het 'n foto op Instagram gedeel van vier kerssokkies wat op 'n boekrak hang.

Op elk van die sokkies het 'n naam gestaan (Lloyd, Carien en Sion), maar op die vierdie een was geskryf: "Mei 2024".

Alhoewel Mei nog 'n rukkie weg is, het Botha die geslag van haar nuwe baba met aanhangers gedeel. 

VIDEO: Vrou tydens 'rooftog' gevra om te trou

In 'n skreeusnaakse video op Instagram, staan Botha se suster in 'n pienk uitrusting en haar skoonsuter in 'n groen uitrusting gereed vir 'n hardloopresies. 

Met 'n gekrap, geskop en gekruip 'veg' die twee vroue Anlerie Botha en Lauren van der Merwe tot die einstreep.

UIteindelik is dit Anlerie, Botha se suster, wat met haar pienk uitrusting oor die eindstreep trap. 

"En hier is die reveal," skryf Botha by die plasing.

Botha en haar man Lloyd DeWet is in Julie 2023 getroud en hulle het reeds een kind, Sion (3), saam. 

Volgens Netwerk 24, het die paartjie agter gekom dat Sion 'n maatjie soek. 

"Ek dink die Here kom plaas dit op jou hart dat jy nóg 'n kind moet kry. En Hy kweek daardie verlange."

Carien het besluit om 'n swangerskapstoets te koop toe sy besef "almal en alles" irriteer haar. Die resultaat was positief.

"Ek het eers gewonder of hierdie goedkoop toets die waarheid praat," sê Carien. 

LEES: Actress Simoné Pretorius shares beautiful story of baby's birth

Netwerk 24 berig dat sy toe weer winkel toe is, vir 'n duurder toets, om seker te maak.

"Ek kon nie na die stokkie kyk terwyl ons vir die uitslae gewag het nie – ek was so senuagtig," vertel sy.  

Haar man Lloyd wat haar bygestaan het deur die tweede toets, moes toe die nuus aan haar breek:

"'Hy sê toe vir my geluk, Liefie, ons is weer swanger.'"

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories