VIDEO: Vrou tydens 'rooftog' gevra om te trou

VIDEO: Vrou tydens 'rooftog' gevra om te trou

Van vreesbevange tot verloofde...

VIDEO: Vrou tydens 'rooftog' gevra om te trou
iStock/M-Production

Daar is min dinge so stresvol soos 'n verlowing.

VIDEO: South African elephants steal oranges from truck

Die oomblik wat iemand vir jou vra om te trou is nie die probleem nie, maar die opbou tot die verlowing is genoeg om 'n man, of vrou, se hart te laat staan.

Baie kan verkeerd gaan in die beplanning en dan is daar natuurlik die moontlikheid dat die persoon met wie jy die res van jou lewe wil spandeer, vir jou gaan nee sê.

En hoe kies mens die perfekte manier om vir jou ander helfde die groot vraag te vra?

Beplan jy iets groot voor baie mense in 'n publieke plek of beplan jy iets meer intiem?

LEES: GoodLuck lead singer shares pregnancy announcement!

Dit hang sekerlik af van paartjie tot paartjie, maar almal kan saamstem, 'n rooftog is niemand se idee van 'n romantiese oomblik nie.

Een vrou het ongelukkig haarself in die middel van 'n kaping gevind en was soos enige normale mens redelik gespanne.

In 'n video op sosiale media kan jy sien hoe 'n groep mense die kar omring en 'n vrou uit die kar uit trek.

VIDEO: Kid takes plate to restaurant kitchen after eating

Sy lyk deurmekaar en almal wonder wat gaan volgende gebeur, en dit is wel 'n skok!

Terwyl die vrou in die middel van die straat staan onthul een van die mense hulself as haar kêrel .

Kyk die volle video hier om te sien wat gebeur:

Die video is in Colombia geskiet, so is dit moontlik dat hierdie 'n meer tipiese verlowing is en nie so vreemd is soos wat ons dink nie?

Waarskynlik nie. 'n Kaping kan nie op baie mense se "droom verlowing" lys wees nie.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories