KYK: Só het Simoné Pretorius haar man vertel sy is swanger

KYK: Só het Simoné Pretorius haar man vertel sy is swanger

Die 'Hartklop'-aktrise het 'n baie kreatiewe manier gevind om die nuus te deel.

KYK: Só het Simoné Pretorius haar man vertel sy is swanger
Simoné Pretorius/Instagram

Mense het al baie interessante en unieke maniere gevind om met hulle mans, ouers en ander geliefdes die goeie nuus van swangerskap te deel.

VIDEO: Scared golfer almost involved in Cape cobra fight

Bekende aktrise Simoné Pretorius het onlangs haar kreatiewe idee gedeel deur 'n video op Instagram te plaas waar haar man, Andries uitvind dat sy swanger is.

Pretorius het in die laaste jaar vir die eerste keer openlik gepraat oor haar miskraam in November 2022 en sê in die video se onderskrif dat sy voel sy nou hierdie kan deel alhoewel hulle die baba verloor het.

LEES: Best free activities for families in Gauteng

Alhoewel dit vir haar bittersoet was om nou te deel voel sy dit was 'n baie snaakse en kreatiewe video, waar sy Andries gevra het om haar te help met haar rol in 'Hartklop'.

Andries kry wel 'n skok, want Simoné het die teks bietjie aangepas...

Kyk die video hier:

Simoné en Andries hoop om hulle tweede baba, 'n seuntjie, te verwelkom in Januarie 2024.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories