KYK: 'Troukoors'-aktrise Blyde Smit is verloof!
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Nes haar karakter 'Luca' in 'Troukoors', gaan die talentvolle Blyde Smit oók eersdag voor die kansel staan.

Die aktrise Blyde Smit, is geen vreemdeling op die kassie nie. Sy het veral bekendheid verwerf vir haar rol as 'Gabby' in die gewilde SABC-sepie '7de laan'.
LEES: 'Getroud Met Rugby'-ster Arno Greeff begin 'n nuwe lewe
In die Showmax-reeks, 'Troukoors' vertolk Smith die rol van die rekenaarprogrammeerder 'Luca' en soos sy aan Huisgenoot onthul het, het sy nie verwag dat sy ook so gou troukoors sou kry nie. Smit en Thomas Hill het onlangs ses maande as 'n paartjie gevier.
Blyde het ook aan Huisgenoot verklap dat haar familie nie juis verbaas was oor die opwindende trou-nuus nie, omdat Thomas alreeds trou gevra het by hulle as familie. Daar was ook geen beswaar aangeteken nie, omdat die twee ongewtwyfeld smoorverlief is.
KYK: Dit is hoekom Cardi B haar hare met uie was
Blyde het onlangs op sosiale media die opwindende trou-nuus gedeel en 'n plasing gemaak wat sê, "Ek sien rerig uit vir die volgende hoofstuk in ons lewens, my human. Dankie vir wie jy is. Hoe bevoorreg is ek nie dat ek my beste vriend gaan trou nie"
Kyk die volledige plasing hieronder:
Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago