KYK: 'Troukoors'-aktrise Blyde Smit is verloof!

KYK: 'Troukoors'-aktrise Blyde Smit is verloof!

Nes haar karakter 'Luca' in 'Troukoors', gaan die talentvolle Blyde Smit oók eersdag voor die kansel staan. 

Blyde Smit
Blyde Smit/ Instagram

Die aktrise Blyde Smit, is geen vreemdeling op die kassie nie. Sy het veral bekendheid verwerf vir haar rol as 'Gabby' in die gewilde SABC-sepie '7de laan'.

LEES: 'Getroud Met Rugby'-ster Arno Greeff begin 'n nuwe lewe

In die Showmax-reeks, 'Troukoors' vertolk Smith die rol van die rekenaarprogrammeerder 'Luca' en soos sy aan Huisgenoot onthul het, het sy nie verwag dat sy ook so gou troukoors sou kry nie. Smit en Thomas Hill het onlangs ses maande as 'n paartjie gevier. 

Blyde het ook aan Huisgenoot verklap dat haar familie nie juis verbaas was oor die opwindende trou-nuus nie, omdat Thomas alreeds trou gevra het by hulle as familie. Daar was ook geen beswaar aangeteken nie, omdat die twee ongewtwyfeld smoorverlief is. 

KYK: Dit is hoekom Cardi B haar hare met uie was

Blyde het onlangs op sosiale media die opwindende trou-nuus gedeel en 'n plasing gemaak wat sê, "Ek sien rerig uit vir die volgende hoofstuk in ons lewens, my human. Dankie vir wie jy is. Hoe bevoorreg is ek nie dat ek my beste vriend gaan trou nie"

Kyk die volledige plasing hieronder: 

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories