Mej. Suid-Afrika 2022: Hier is vyf dinge oor Ndavi Nokeri

Mej. Suid-Afrika 2022: Hier is vyf dinge oor Ndavi Nokeri

Die nuwe Mej. Suid-Afrika is Saterdagaand by SunBet Arena in Pretoria gekroon. Hier volg vyf feite oor dié nuwe skoonheid. 

Ndavi Nokeri
Ndavi Nokeri/ Instagram

Ndavi Nokeri is as die nuwe Mej. Suid-Afrika titelhouer gekroon en gevolglik sal Nokeri aan al die internationale skoonheidskompetisies deelneem soos Mej. Heelal en Mej. Wêreld.

 LEES: Britney Spears kla oor haar tienerseuns se gedrag

1. Trots van Limpopo

Nokeri is afkomstig van Tzaneen in Limpopo en gedurende haar reis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, het sy met trots gepraat oor haar komvandaan en gemeenskap. 

2. Nokeri was in 2019 bekroon as Mej. Jozi

Op die ouderdom van 20, terwyl die skoonheid 'n student was aan die Universiteit van Pretoria, het sy weggestap as die wenner van die Mej. Jozi-kompetisie.

KYK: Emosionele Amor Vittone maak oop oor stryd

3. Nokeri het 'n BCom Beleggingsbestuur-graad

Nokeri het haar kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het by 'n batebestuursfirma gewerk totdat sy as Mej. Suid-Afrika gekoon is. 

4. Nokeri is 23 jaar oud

Hierdie jong dame is baie indrukwekkend vir alles wat sy in haar jonglewe bereik het.

5. Nokeri is veeltalig

Net soos dit 'n ware Suif-Afrikaner betaam, praat Nokeri meer as een taal. Sy praat Engels, Afrikaans, Sepedi en Xitsonga.  

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories