Mel en Peet Viljoen verhuis na Miami
Updated | By Jacaranda FM
Mel en Peet Viljoen het in 'n Instagram-plasing aangekondig dat hulle gaan verhuis.

Mel en Peet Viljoen het hulself eerste bekendgestel aan die publiek op die baie gewilde realiteitsprogram 'The Real Housewives of Pretoria'.
WATCH: Capetonians shocked by rare weather
Mel, 'n suksesvolle entrepreneur het groot naam gemaak op die program, maar daarna het die drama begin..
Peet Viljoen, en sy vrou Mel Viljoen, se name was toe gereeld gesien in opskrifte nadat hulle heelwat negetiewe aandag getrek het.
LOOK: KZN panel beater accidentally sets fire to five cars
Die paar is mede-eienaars van die naelsalonne, Tammy Taylor Nails SA.
In 2024, het Tammy Taylor, die uitvoerende hoof en stigter van die handelsmerk, aangekondig dat sy Mel en Peet gaan dagvaar:
In 2022 het bekende ondersoekende-joernalistiekprogram, 'Carte Blanche' verslag gedoen oor die paartjie en hulle besigheid, Tammy Taylor Nails SA.
READ: Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
In 'n onderhoud met 'Kwêla' het Peet Viljoen met aanbieder Hannes van Wyk gedeel dat hy wel die vervaardiger van die program, Kate Barry, gaan dagvaar.
Private speurder Mike Bolhuis het ook sy oog op die paartjie.
READ: Robbie Wessels tries our homemade Tempo chocolate
Bolhuis het voorheen bewerings gemaak dat Mel en Peet uit die land wil vlug.
Peet het vir Rapport gesê:
Ons gaan met vakansie en 'n franchise in Perth open. Hy is nie in die SAPD nie. Dis nou al die vyfde 'projek' wat hy oor my uitgereik het. Hy vat deposito's van die publiek en steel hul geld.- Peet Viljoen
Bolhuis het op die tyd gesê dat informante gedeel het dat die egpaar mik om teen 24 Mei 2025 die land te verlaat.
Hulle het ook na bewering hulle bates verkoop.
WATCH: Man causes outrage during first bunny chow tasting
Netwerk24 het onlangs rapporteer dat die paar wel finaal uit Suid-Afrika is en nou in die VSA bly.
Peet Viljoen het in 'n tirade aan Rapport gesê hoekom hulle besluit het om te trek. Hy het 'n drie minute lang video gestuur waarin hy gal braak oor Swart mense en korrupsie in SA.
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
En dit het blykbaar niks te doen met hulle besighede of die hofsake teen hulle nie.
Inteendeel het Viljoen die kans gevat om sy rassistiese uitlatings bekend te maak.
Daar is by my geen twyfel nie dat ek 'n rassis is en Suid-Afrikaanse Swart mense haat. Volksmoord is 'n werklikheid in Suid-Afrika en al julle wit mense gaan uitgemoor word.- Peet Viljoen
Viljoen sê hulle het 'n verspreiding-en-verpakkingsonderneming in die VSA gekoop, hulself gevesting in Miami en hy gaan binnekort eksamens skryf om as 'n prokureur te praktiseer.
WATCH: Cape Town restaurant earns elite pizza certification
Hulle beplan ook om weer hulle naelsalonne te stig in die VSA en ander Afrikaners te help om ook te trek.
Hy het ook Julius Malema, leier van die EFF, onder die bus gegooi en beweer dat hy 13 Tammy Taylor-franchise-lisensies vir R4-miljoen aan die politikus verkoop het.
Daardie rassis kan hel toe gaan. Ons weet niks daarvan nie. Die president van die EFF is nie betrokke by enige franchise van daardie aard nie. Ons is op geen manier betrokke nie. Ons sal met ons regspan konsulteer of ons enige verdere stappe moet doen.- Sinawo Thambo (EFF-woordvoerder)
Viljoen het ook gesê dat hulle die hoofkantoor van Tammy Taylor South Africa in Desember 2024 gesluit het.
Bolhuis het met Rapport gedeel dat hy nie kan bevestig of die Viljoens in die VSA is nie.
Tune into 'The Drive with Rob & Roz' on weekdays from 16:00 – 19:00. Stream the show live here or download our mobile app here.
Listen to Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Follow us on social media:
Main image courtesy of Peet Viljoen/Instagram
More on Jacaranda FM
Show's Stories
-
Mel en Peet Viljoen verhuis na Miami
Mel en Peet Viljoen het in 'n Instagram-plasing aangekondig dat hulle ga...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
WATCH: Capetonians shocked by rare weather
Cape Town was not prepared for this kind of winter.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago