Oorsaak van 'Binnelanders'-akteur se dood bekend
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Op die 20ste Julie het Bradley Olivier se familie die tragiese nuus gedeel dat die akteur oorlede is.

Aanhangers van die populêre telvisieprogram 'Binnelanders' was geskok toe hulle hoor dat die akteur Bradley Olivier in hospitaal opgeneem was en dat die situasie ernstig was.
LEES: EKSKLUSIEF: Derick Hougaard praat oor noue ontkoming met die dood
Familie, vriende en kollegas het gehoop Olivier sou herstel, maar ongelukkig is hy oorlede.
Die oorsaak van sy dood is nou bekendgemaak deur Solomon Cupido, woordvoerder van die Olivier familie.
LEES: EKSKLUSIEF: Rian van Heerden deel opwindende nuus op Jacaranda FM
Die uitslag van die nadoodse ondersoek dui aan dat Olivier weens 'n brein-aneurisme dood is en dat die familie 'n tipe rustigheid het nou dat hulle weet wat fout was.
Sy neus het geloop en sy kop het gepyn, maar nie só dat ons noodwendig sou weet [dat hy 'n aneurisme in sy brein gehad het] nie.- Solomon Cupido
Bradley Olivier het sy televisie debuut gemaak in 2007 op 'Villa Rosa' en het 'n ongelooflike suksesvolle loopbaan gehad. Hy het in versekeie produksies opgetree van telenovellas tot films, teater produksies, sepies en vele meer.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 6 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 6 hours ago