'7de Laan' se Nicholas Nkuna ook talentvolle sanger

'7de Laan' se Nicholas Nkuna ook talentvolle sanger

'7de Laan' se Nicholas Nkuna is nie net 'n gesoute akteur nie, maar is ook 'n talentvolle sanger. 

Nicholas Nkuna
Jacaranda FM/ Nicholas Nkuna

Sedert 2016, vertolk Nicholas Nkuna die rol van Fikane in die gewilde SABC-sepie, '7de Laan'.

Nkuna vertolk die rol van die geliefde dokter waarop almal kan staat maak. In die sepie, is hy verloof aan dr. Alexa Welman (Carina Nel). Maar Nkuna is nie net gemaklike voor die kamera nie, maar ook agter die mikrofoon. 

As kind, was Nkuna deel van sy skoolkoor, gemeenskapskoor en die kerkkoor.

KYK: kykNET se verjaarsdaggeskenk aan kykers

In 2012, het hy in Europa getoer met die musiekproduksie, 'The Lion King'. Nkuna het die rol van Simba vertolk. 

In 2018, het hy sy debuutalbum uitgereik, 'Therapy' onder sy verhoognaam Nick Soul. 

Dié album is deur gebroke harte geïnspireer en is in 2019 vir 'n SAMA-toekenning benoem.

Nkuna het met die Scenic Drive-span oor sy lewe as akteur en sanger gesels.

"In 2019 was die verhouding tussen my en dr. Alexa Welman nuut vir kykers. Die swart man en wit vrou was 'vreemd' vir kykers. Deur die loop van tyd het mense gewoond geraak aan die verhouding."

"Ons is akteurs; ons vermaak en ons moet mense opvoed."

"Dit is nie maklik om 'n dokter te speel nie. Somtyds doen jy 'n storielyn vir twee maande - en jy moet presies weet wat aangaan."

Show's Stories