Bekendes bring hulde aan Ben Kruger

Bekendes bring hulde aan akteur Ben Kruger

Akteur Ben Kruger (64) is Dinsdagaand aan COVID-19 oorlede.

Ben Kruger
Instagram/ Je-Ani Swiegelaar

Die legendariese akteur Ben Kruger is Dinsdagaand aan COVID-19 oorlede. kykNET het die nuus aan Jacaranda FM bevestig. 

Kruger, is veral bekend vir sy rol as 'oom Okkie' in die gewilde kykNET-sepie, 'Binnelanders'.

LEES: Legendariese akteur Ben Kruger oorlede

Hy was óok bekend vir sy rol as 'neef Gert' in die SABC2-sepie, '7de Laan'.

Deur die jare as akteur, het Kruger met verskeie akteurs gewerk. Na die skielike afsterwe van die geliefde akteur, het bekendes hulde gebring aan die ikoniese akteur. 

Je-Ani Swiegelaar, Pierre van Pletzen, Annalisa Weiland, Lizz Meiring, Deon Lotz, Frank Opperman, en Sorina Erasmus ('Die Flooze') het hulde gebring aan Kruger. 

"Vandag het jou kleedkamer in 'n spookdorp verander," Je-Ani Swiegelaar, wat sy dogter in 'Binnelanders' vertolk.

Luister wat ander bekendes sê oor Kruger hieronder: 

Omdat episodes ongeveer drie maande voor uitsending opgeneem word, sal die karakter van 'Okkie' nog geruime tyd teenwoordig wees in 'Binnelanders' wat weeksdae op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Instagram/ Je-Ani Swiegelaar

Show's Stories